Slenterseks of iets meer?

In matriek het ek vir Gerda gevinger. Toe sukkel ek om ’n kondoom aan te sit en sy help. Sy gaan lê toe op die sitkamermat met haar bene wyd oop en ek kyk vir haar kaal poesie, gaan bo-op haar en toe kom ek nog voor ek my piel in haar poesie kon druk. Toe stop haar pa se kar in die oprit en ek pluk my broek op en sit op die bank, hou my doodonskuldig en staan op en groet die oom met die hand terwyl die kondoom vol kom van my piel, wat weer sag geword het van die skrik toe ons die kar hoor, afgly. Gerda het uitgemaak voor ons weer kon probeer.

Tweedejaar op universiteit het ek my maagdelikheid met Marietjie verloor. ’n Mollige rooikop met ’n popmooi gesiggie op wie ek dolverlief was. Marietjie besluit toe sy moet die wêreld gaan verken en vertrek Thailand toe. Daar ontmoet sy ’n Duitser en dit was die laaste van ons. Laaste wat ek gehoor het, is sy geskei en woon in Kaapstad. Ek dink gereeld daaraan om haar te kontak en wonder of sy nog steeds haar poesie seepglad skeer.

Na klerkskap het ek by ’n klerewinkel se kredietafdeling gewerk. Sonja was ’n verkoopsdame en dinge het goed gevorder tussen ons. Sy was nog ’n maagd. Ons het lekker gevry en ek het haar kaal tiete ’n paar kere vertroetel. Sy vra my toe uit oor my verlede en ek vertel haar ek is nie meer ’n maagd nie. Sy besluit toe dit is onregverdig en sê ons kan vriende bly. Ek het geen idee waar sy deesdae is nie.

By die ouditeursfirma het ek gedink daar is iets tussen my en Hermien, maar sy friendzone my toe.

By die voedsel groothandelaar waar ek nou nog werk, het dinge goed gegaan tussen my en Marinda. Sy was liefdevol, jags en warm in die bed, en ek begin aan die toekoms te dink en koop ’n ring. Dit kom toe uit sy pomp nog gereeld haar eks, Willem. Ek voel toe effens naar want ek het gereeld haar koekie gelek daar waar Willem seker ook gesaai het. Wel, hy het ook geëet waar ek gesaai het. Ons albei los toe vir Marinda en ek gaan vang vis saam met Willem by Sodwana. Ek en Willem gaan vang nog gereeld vis in Mosambiek.

Ek het op my loopbaan gefokus en nie weer seks gehad nie. Droogtejare. Draadtrek in die stort nadat ek pornografie gekyk het.

Ek gaan toe na ’n seminaar toe, loop vir Marsha raak wat saam met my op skool was, en sy sê sy en haar man is besig om te skei. Ons het toe seks in die veld op die gronde van die hotel. Toe ek vertrek sien ek sy en haar man loop hand-om-die-lyf na ’n wit BMW toe.

Nou lê ek ’n week na die seminaar op my bed en wonder of ek nie vir Marsha moet bel nie. Sy het nie haar nommer vir my gegee nie, maar hallo, ek het toegang by die werk tot personeelinligting en kan haar nommer kry. Dit voel egter verkeerd om haar nommer so te kry en haar te bel want sy het nie haar nommer self vir my gegee nie.

Ek hou mos van orde en roetine. Dit is miskien wat fout is met my. Ek is dalk vervelig. Marsha het ’n bietjie opwinding gesoek, dit by my gekry, en het aanbeweeg. Sy het gesê dit is net betekenislose slenterseks.

Ek kan doen met betekenislose seks. Dit voel in elk geval vir my of liefdesverhoudings waarin ek betrokke raak, net nie werk nie.

Mens kan egter nie net besluit dis nou tyd vir slenterseks nie. Mens moet iemand hê om seks mee te hê. Ek het nie so iemand nie. Nie eers net vir die aand nie. Ek weet ook nie hoe om so iemand te kry nie. Betaal, gaan ek nie. Ek is nie lus vir siektes nie. Die gedagte aan ’n warm prozzie gee my wel ’n horing. Dit is net ’n gedagte, soos wanneer ek porn kyk en my verbeel ek neem deel aan ’n orgie en spuit my strale kom oor jagse poppies se tiete en in hulle monde in.

Nou dagdroom ek oor Marsha. Ek dink hoe lekker dit sal wees as ons een aand laat werk en sy kom in die kantoor in, kyk my jags uit, trek haar klere uit en sê ek moet haar net daar op die lessenaar naai. Ek gooi alles af, haal my piel uit wat sy eers suig en dan steek ek haar dat sy gil van die een orgasme na die ander en skiet dan my kom oor haar tiete.

Noudat ek my dagdroom uitgetik het en gelees het, dink ek dat ek te veel porn kyk. My gelukkie met haar in die veld was net dit, ’n betekenlose gelukkie en ek moet dankbaar wees en dit wat ek onthou van haar snoesige, harige poesie en kaal bene en boude gebruik as ek draadtrek in die stort.

’n Virus van vermoedelik China versprei ook al meer oor die wêreld. In sommige lande gaan dit swaar. Ek loop nog rond sonder ’n masker.

Ek loop na die sitkamer toe en skakel die TV aan. Die president het al amper klaar gepraat. Ek voel ongemaklik. Inperking? Coronavirus command council? Wat het ek gemis?

Ek kyk op die internet. Ek word koud. Ja, ’n staat van inperking.

Wat van die werk?

Wat van Marsha? Sy is deel van die span wat in die komende week in ons kantore moes begin intrek?

Ek sal more hoor wat gaan aan. Ek stap na buite en steek ’n sigaret aan. My foon lui. Dit is Ludwig, my vriend by die firma. Hy doen bemarking en verkope. Hy klink onder die prop. Hy praat iets van sy connection en sigarette. “Ja, Ludwig, kry maar vir my ook.”

 

***

 

Die dae gaan verby. Mense kan nie sigarette koop nie. Wat ’n fucked-up regulasie! Wel, ek sê net so, terwyl ek nie eintlik omgee nie. Ludwig het afgelewer. Tien kartonne. Ek hou dit stil en sê vir niemand nie. Ludwig kan weer aanvul as dit nodig is, maar tien kartonne sal my ’n lang tyd hou.

Ludwig het drank iewers gekry en versprei dit ook. Tipies Ludwig, word ryk terwyl daar ’n ramptoestand heers.

Ons werk van die huis af. Ek kom agter nou werk ek eers lang ure en dit is asof daar nie meer kantoorure is nie. Mense begin doodgaan in Gauteng van die virus. In die kompleks gaan die opsigter dood. Alleen. Ek kyk na sy roudiens op Zoom. My foon lui.

“Ben, hallo!”

“Ben, dit is ek, Marsha. Ek is hier…” Sy klink ontsteld.

“Marsha, is daar fout?”

“Ek het vir die inperking by Jonathan… ek kan nie… maak oop die hek.”

“Watter hek? Is jy hier?”

Ek kyk by die venster uit en kan die ingang van die kompleks sien. Daar staan ’n klein wit Mercedes.

“Maak oop Ben!”

Ek druk die knoppie en die hek gaan oop. Ek dink vinnig en maak die garagedeur ook oop. Ek stap uit en beduie met my hande sy moet in die garage in trek.

Haar Mercedes is in en ek maak die garagedeur toe.

Sy klim uit. Haar hare is los en haar lip bloei.

“Marsha, wat het gebeur!”

“Jonathan, die sigarette,” toe huil sy. Daar is ’n virus wat versprei en sy druk haar gesig met snot en trane sonder ’n masker teen my borskas.

“Marsha, kom in die huis in,” sê ek en loop voor. Ons gaan sit op die gemakstoel en sy op die bank.

“Wil jy tee hê?”

“Het jy ’n sigaret?”

Ek bied vir haar een aan. Sy steek dit in die huis aan. Ek rook nie in die huis nie maar laat begaan haar maar. Sy snik en rook, kyk dan vir ’n asbakkie.

“Kom buitekant toe,” sê ek. “Vertel my wat aangaan. Hoekom bloei jou lip?”

Marsha hou ’n snesie op haar lip af en toe en vertel my Jonathan het gereeld sy hand teenoor haar gelig en toe hulle sigarette op is en hy nie weer kan kry nie, het dinge erger geraak. Toe raak die drank op en dinge versleg net. Sy kon nie meer daar bly nie, het haar goed gepak en vir Ludwig gebel.

Ludwig is haar neef. Hy sê toe sy moet hier na my toe kom.

Dankie, Ludwig, dink ek half vies. Kon jy nie my laat weet het nie? En hoekom verkoop jy nie drank en sigarette aan Jonathan nie? Ek weet egter wat die antwoord op die laaste vraag is. Ludwig en Jonathan sit nie langs dieselfde vuur nie.

“Ek dog dan jy en Jonathan staan op skei?”

“Ek het saam met hom gery seminaar toe, dis al. Ons het hand om die lyf geloop want hy was nog dronk van die vorige aand en ek het sy BMW terug bestuur.”

Sy druk die stompie dood, haal dan nog ’n sigaret uit en steek dit aan.

“Moet ek die sny aan jou lip ontsmet?”

“Ek sal later, dit het nou opgehou bloei. Toe die inperking begin het, was ek besig om vanaf my woonstel in Pretoria na Johannesburg toe te trek. Dinge was ’n deurmekaar warboel. Jonathan het aangebied ek kan by hom bly. Ek het toe.”

“Wil jy tee of koffie hê?”

“Koffie, dankie.”

Ek loop kombuis toe, maak die ketel vol en skakel dit aan. Terwyl ek wag dat die water kook, kom staan sy ook in die kombuis.

“Melk? Suiker?”

“Geen melk en twee suiker, dankie.”

Ek maak die koffie en gee haar beker vir haar aan.

“Ek en Jonathan het nie saam geslaap nie,” sê sy. “Ek het in die spaarkamer geslaap.”

“Ek gee nie om nie.”

“Sy meisie, Olivia, bly by hom. Sy haat my en dit het die wrywing begin.”

“Ek sien.” Wat anders moet ek sê?

“Ludwig het gesê dit is reg dat ek hier kom bly vir eers.”

Dankie fok, Ludwig, Weereens dankie. Of nee wag. ’n Gewone, dankbare dankie en nie ’n sarkastiese een in my gedagtes nie. Dit het baie alleen geword sedert ek net van die huis af werk.

“Die huis het drie slaapkamers, maar net een is ’n slaapkamer. Een is ’n gym wat ek nie gebruik nie en die ander is omskep in ’n studeerkamer.”

“Ek sal op die bank slaap.”

Moet ek haar op die bank laat slaap of moet ek aanbied om op my bank te slaap en sy op my bed?

“Ek slaap baie sommer hier op die bank na werk en is al gewoond daaraan,” jok ek.

“Is jy seker?”

“Ja, ek sal jou goed kamer toe vat.”

“Dit is net my klere en my werksgoed soos my laptop. Is hier Wifi?”

“Ja, ek sal jou uitsort. Daar is watte en ontsmettingsmiddel in die badkamerkassie vir jou lip,” sê ek en gaan garage toe. Die klein Mercedes is vol binnekant. Daar is los klere op die voorste sitplek en agter is daar ’n deurmekaarspul van klere en skoene en onderklere. Ek tel ’n swart broekie op. Piepklein.

Kyk Ben, sê ek vir myself. Daar is nou ’n vrou in jou huis, maar moenie gedagtes kry omdat julle eenkeer in die veld gepomp het nie. Haar storie klink ook maar wankelrig. Jonathan dronk? Dit het gelyk asof hulle lovers is.

Ek gooi haar hoop klere op die bed. Dit kan nie so deurmekaar bly nie. Ek moet orde skep. Ek vou haar klere netjies op in hopies, haal dan van my klere uit die kas en vat dit na die gym-kamer toe. Ek maak ’n rak in die garage leeg, haal dit uitmekaar en vat dit gym toe en sit dit daar weer in mekaar en pak my klere daarin. Sy het op die bank aan die slaap geraak en ek los haar vir eers.

Ek skep vir haar ’n werksplek op die eetkamertafel.

Daar is ’n nuwe probleem. Haar vuil klere het aan haar skoon klere geraak. Daar is net een oplossing. Ek sal al haar klere moet was. Dit is ’n berg klere.

Ek kies vir haar klere vir twee dae uit en sit dit eerste in die wasmasjien. As dit klaar is, sal ek dit in die tuimeldroër sit en dan die res begin was en dan die klere vir twee dae stryk. Of moet sy dit self stryk? Kan sy stryk? Kan sy reg stryk? Laat ek maar die eerste lot stryk en kyk hoe dit gaan.

Sy slaap nog en ek gaan studeerkamer toe en werk deur ’n spul e-posse.

Ek hoor haar in die huis, maar maak eers ’n stuk werk klaar. Ek staan op en gaan kyk waar sy is. Sy is in die badkamer en ek hoor die stortwater loop. Haar klere lê op die vloer. Ek sug, tel dit op en gaan gooi dit by die bondels wat gewas moet word.

Ek gaan werk weer verder.

Sy onderbreek my met ’n sagte klop aan die deur. Ek kyk op. Sy het ’n handdoek om haar lyf gedraai. Haar hare is nat.

“Ek, uhm, my klere?”

“Besig om dit te was. Ek het nie geweet watter skoon is en watter nie.”

“En wat moet ek nou aantrek?”

Daaraan het ek nie gedink nie.

“O gits, sorry. Is een van my sweetpakke reg?”

“Ja,” sê sy. “Dit sal doen.”

Ek gaan haal vir haar ’n sweetpak en sit dit op die bed neer. My foon lui in die studeerkamer.

Dit is Ludwig.

“Yes, yes,” sê hy. “Ek laat weet jou net Marsha, jy onthou haar seker nog, gaan by jou kom bly. Sy het kak by die huis.”

“Sy is reeds hier, Ludwig.”

“Sorry man, ek wou jou nog vroeër laat weet het. Ek laai vanaand wyn en whiskey by jou af. Dankie dat jy uithelp. Sy is in ’n tight place.”

“Dis nie nodig nie.” Hy het klaar afgelui.

Sy is in die eetkamer doenig en het haar skootrekenaar oopgemaak. Ek gaan staan agter haar. Sy sit.

Sy het my sweetpakbaadjie na bo gerits, maar ek besef sy het nie onderklere aan nie. Haar onderklere is alles in die was. Ek sien haar volronde, melkwit borste amper tot by die tepels soos wat ek agter haar staan en in die sweetpakbaadjie af kan kyk. Sy is onbewus daarvan. Ek kyk weg. Haar gewasde hare ruik baie lekker. Dit ruik na my sjampoe, maar daar is ’n vroulike reuk by.

Ek gee vir haar die Wifi wagwoord. “Is alles reg?”

“Ja, dankie, alles lyk reg.”

Sy begin tik en ek gaan studeerkamer toe.

Daar is ’n vrou in my huis. Een wat ek al mee seks gehad het onder eintlik ongewone omstandighede.

Sy los haar klere op die vloer.

Sy dra nou een van my sweetpakke.

Ek glo nie juis haar storie oor Jonathan nie.

Ek moet nou op die bank slaap.

Sy het lieflike tiete.

Ek dink nie ek het genoeg voorrade vir twee mense nie. Die blikkieskos is reg en ek is een van die met ’n vrag toiletpapier, maar ek sal more moet vars vrugte en groente gaan kry.

Sy kort ook sjampoe, ’n tandeborsel en tandepasta en vrouegoed. Watter vrouegoed? Ek weet nie. Sy sal moet gaan kry.

Ek gaan eetkamer toe. “Hier is ’n supermark naby as jy goed wil gaan kry soos tandepasta.”

Sy kyk op. “Dankie, ek sal nou gaan.”

“Uit by die hek, draai links en dan tot by die T-aansluiting, draai regs en dan aan die regterkant. Jy kan dit nie mis nie.”

Sy staan op en tel haar handsak op, maak dit oop en haal ’n R100-noot uit.

“Kan ek ’n pakkie sigarette by jou koop?”

“Nee wat,” sê ek. “Ek kry vir jou ’n pakkie.”

Ek gaan haal ’n pakkie en gee dit vir haar saam met my spaar afstandbeheerder sodat sy self die hek en garage kan oop en toe maak.

Sy is net weg toe is daar ’n klop aan die deur. Wie is dit nou?

Ek maak oop. Mevrou Du Plessis. Die voorsitter van die kompleks. Ag fok.

“Jou masker?” vermaan sy my.

Ek gaan sit ’n masker op en gaan na waar Mevrou Du Plessis buitekant wag. Ek staan meer as twee meter weg van haar af.

“Het jy ’n besoeker gehad?” vra sy.

“Nee,” sê ek.

“Nou wie is dan hier in en weer uit gewees met die wit Mercedes, registrasienommer JV…”

“O, ja,” sê ek. “Sy is nie ’n besoeker nie. Sy kom weer terug. Net gou winkel toe. Sy bly nou hier.”

Ek draai om. Mevrou Du Plessis sê iets maar ek swaai die deur toe. Sy kom hou haar hoogheilig hier, maar ek weet Ludwig smokkel vir haar drank. Blerrie ou skinderbek wat alles wil uitsnuffel en weet.

 

***

 

Ek haal werk in en hoor Marsha is in die kombuis besig. Iets ruik vreeslik lekker. Donderdagaande bak ek vis in die oond en eet dit saam met gestoomde groente, maar ek laat haar begaan. Ek kyk deur ’n begroting vir personeel wat van die huis af werk. Die direkteure het besluit hulle moet hulp in die vorm van datapakette ensovoorts kry. Besigheid is goed. Mense moet eet tydens die pandemie en baie gaar ook kosvoorrade op. Ek werk ’n ruim toelaag vir elkeen in die begroting in.

Ek gaan na die kombuis toe.

“Ek hoop jy hou van pasta,” sê Marsha. Sy is nou al drie dae hier, en ons kom verbasend goed oor die weg.

Sy het haar toonnaels buitekant geknip en die knipsels net so op die plaveisel gelos. Sy het egter baie mooi voete en bene.

Sy kan nie stryk nie, maar ek voel opgewonde om te weet die klere wat ek stryk, bedek ook haar mooie kurwes.

Sy pak die skottelgoedwasser verkeerd, maar dit was ’n pragtige aansig toe ek gesien het hoe sy vooroor buk en die skottelgoedwasser pak terwyl sy ’n wit noupassende rekbroek aangehad het.

Sy babbel baie, maar ek is nie meer so alleen nie.

Ek moet op die bank slaap, maar dit is eintlik baie gemaklik.

“Ja, ek hou baie van pasta,” sê ek. “Dit ruik heerlik.” Ek gaan haal ’n bottel rooiwyn en maak dit oop.

Ek skink wyn in twee glase en sy skep op. Haar dokumente lê die hele eetkamertafel vol en ons gaan sit by die ontbythoekie op die ronde stoeltjies.

“Jonathan het gebel,” sê sy en vat ’n sluk wyn.

“Wat wou hy gehad het?”

“Hy wou weet waar ek bly toe sê ek vir hom by Ludwig.”

“Dis goed.”

“Hy is ’n grootkop en ek wil nie hê hy moet jou dalk benadeel nie.”

“Ek is die een wat die bonusse en verhogings uitwerk.”

“Ja, maar hy is een van die wat dit moet goedkeur.”

“Ook weer waar.”

“Hy het die skeidokumente geteken en dit per koerier by Ludwig laat aflewer.” Sy vat nog ’n sluk wyn. Nog een en maak die glas leeg. Ek skink nog.

“Wat gebeur nou verder met die skeisaak?”

“Ek is nie seker nie. Werk die howe nog tydens die inperking?”

“Geen idee nie. Wat sê jou prokureur?”

“Hy is in die hospitaal.”

“Covid?”

“Nee, blindederm.”

“Hoop hy word gou gesond.” Ek skink vir myself ook nog wyn.

Ons eet in stilte verder. Sy is pragtig. Lang blink golwende blonde hare. Mooi blou oë.

“Hoekom kyk jy so vir my?” vra sy.

“Jy is mooi.”

“Dankie.”

Sy kyk nou vir my. Ek voel haar oë op my. Ek eet klaar. Dit is ongemaklik stil tussen ons.

“Het jy nie ’n vrou in jou lewe nie?” vra sy sag.

“Nee, ek… die werk hou my maar besig.”

Sy staan op en kom staan langs my. Ek staan ook op. Haar gesig is baie naby aan myne. Ons soen. Nie lank nie, maar ek voel my kop draai.

Ek knip my oë. Sy is besig om die skottelgoed in die wasser te pak. Ek sien geen lyne van ’n panty onder haar rok wat styf oor haar boude span nie. Ek help haar en skakel die wasser aan. Ons gaan sit buitekant en steek sigarette aan.

“Die seks in die veld was baie lekker,” fluister sy byna.

“Dit was.”

Stilte. Ons rook. Sy druk haar stompie dood en staan op. Sy verdwyn in die huis in. Ek sit in die donker. ’n Kiewiet raas iewers.

Sy kom weer uit. Sy kom sit wydsbeen op my skoot en ons soen. Ons soen dat my kop weer draai en my horing styf en ongemaklik teen my broek druk.

Ek laat my hande deur haar klere oor haar kurwes gaan. Haar asem is diep en hard. Ons monde en lippe is honger. Haar vroulike lyf is oor my en teen my.

Sy staan op, maak my broek los en ek lig my heupe op. Sy trek my broek en onderbroek af tot by my knieë, streel vlugtig oor my ontblote piel en druk dan haar hande onder haar rok in en trek haar panty uit. Sy lig haar rok op en sit weer wydsbeen op my.

Ek voel haar harige, gladde vulva op my stywe piel. Sy reik met haar hand tussen haar bene, sit my piel reg en sak af oor my.

Ek penetreer haar nat poesie. Ek lig haar rok verder op en vat aan haar gladde kaal boude. Streel oor die ronde kurwes. Voel deur haar boudgleufie. Trek my vingers oor haar sexy heupe.

Sy ry my stadig. Sy haal vinnig en hygend asem. Ek het vroeër die middag draad getrek en weet ek sal nie so vinnig kom nie. Ek geniet die hemelse gevoel van my harde piel in haar warm, glibberige nat poesie.

Ek trek haar rok oor haar kop terwyl sy my ry. Ek kry haar bra los agter en haal dit af. Goeie donner sy het mooi tiete. Ek vat aan hulle. Ek soen haar tepels.

Sy ry my vinniger en dan kom sy. Sy hyg hard, snik ’n paar kere en haar gesig trek van die lekkerte. Ek hou haar ontblote boude styf vas en dan kom ek in haar. My piel klop in haar en sy soen my nek, byt my nek effens.

Sy staan nie dadelik op nie, maar bly op my sit met my piel binne-in haar. Ek sit my hande op haar wange en ons soen. Sy laat haar kop op my skouer rus en ek streel oor haar rug en haar heupe en haar boude. Haar borste druk teen my en ek wens ek het my hemp ook uitgetrek sodat ek haar kaal borste teen my lyf kon voel.

Sy staan op, vat haar panty en vee tussen haar bene. Sy trek haar rok aan.

“Wat nou?” vra sy.

“Ek is nie seker nie. Was dit slenterseks?”

“Ek weet nie. Gaan jy nog steeds op die bank slaap?”

“Moet ek?”

“Jy hoef nie.” Sy gaan in die huis in.

Ek gaan in, werk ’n rukkie en dan kry ek my kussings op die bank en gaan slaapkamer toe. Die deur is oop. Sy lê en lees en die bedlampie is aan. Ek klop.

Sy sit haar boek neer, kyk vir my, skuif na die linkerkant van die bed toe en trek die duvet aan die regterkant oop.

Ek sit my kussings reg en klim in die bed. Sy skuif tot teenaan my. Haar lyf is kaal.

“Ek slaap kaal,” sê sy en tel weer haar boek op.

“Ek ook,” sê ek, klim uit die bed en trek my klere uit. Sy kyk vir my terwyl ek kaal my klere in die wasgoedmandjie gaan gooi. Ek gee nie om nie. Ek voel ook nie selfbewus nie.

Later die aand lê ek in die donker en dink. Ek lê kaal saam met ’n vrou in die bed. Is daar iets aan die gang? Is dit net seks? Wat gaan gebeur as die inperking gelig word? Hoe lank gaan sy hier bly?

Die tyd sal leer.