‘n Orgasme van lig

“Kom na my toe,” fluister ek vir hom. “Kom na my toe ek wag vir jou. My boude en borste is rond en my poesie is kaal geskeer.”

Ek plaas ’n sagte rusbank op die sand. Ek trek my rok uit en gooi dit in die lug op waar dit weg raak tussen die sterre. Ek het net ’n deursigtige bra en ’n klein broekie aan.

Ek laat beelde van my vroulike liggaam deursyfer na hom toe. Ek gaan sit in die middel van die rusbank en druk my hand voor by my broekie in. Ek vat aan my poesie en trek my vinger deur my spleet. Ek laat weet hom waar ek vat.

Ek wag. Ek maak my bene wyer oop en speel met myself tussen my bene. My jagsheid borrel oor na hom toe.

Ek voel hoe kom hy al nader en nader en dan sit hy langs my op die bank. Ek maak my bene weer toe en sit kruisbene met my lyf na hom toe gedraai.

Hy leun terug en sit gemaklik met sy arms uitgestrek op die rugleuning van die rusbank. Hy het nie ’n draad klere aan nie. Ek maak die reëls in hierdie deel van ons wonderwêreld en het gesê ons mag net kaal hiernatoe kom, maar ek weet ek breek die reëls effens met die bra en broekie wat ek aan het.

Sy bene is effens oop en sy kaal penis lê lank tussen sy gespierde bo-bene. Sy pubiese hare is kort geskeer.

Hy hou ’n wit blom in sy hand en dan is ons lywe baie naby aan mekaar wanneer hy die skynende blom in my hare sit. Sy bolyf druk vlugtig teen my borste.

“Jy was lank weg,” sê hy vir my en ek kyk vir sy mond. Hy het ’n baie soenbare mond. Hy het lippe wat ek oral op my lyf wil voel.

“Ek weet,” sê ek. “Jy was ook besig gewees.”

Woorde is oorbodig. Dit vat tyd om te praat. Met my gedagtes laat weet ek hom hoe ek voel. Ek laat my liefde vir hom deur hom spoel. Ek word gevul met ʼn heerlike warmte wanneer hy laat weet hoe hy oor my voel.

Ons kyk na die sterrelig. Die sagte gedruis van die oseaan is kalmerend en ook opwekkend. Hy staan op sy knieë op die sand voor my. Hy sit sy hande op my voete en streel hulle liggies. Hy streel oor my kuite, oor my knieë en vryf oor my bo-bene.

Hy streel oor die sagte vlees van my binnebene en ek maak my bene wyd oop vir hom. Hy streel oor my aan die kant van my broekie en dan oor my poesie deur my broekie. Ek haal my bra af en maak my bene so wyd oop soos wat ek kan.

Hy staan oor my, tussen my bene en sy lippe op myne laat die sterre helderder word en my kop draai. Sy naakte bolyf druk teen my borste. Hy soen my nek, vat aan my naakte borste en soen my stywe tepels.

Sy soene fladder honger oor my lyf, oor my maag, al laer en dan maak ek vir ’n oomblik my bene toe sodat hy my broekie kan aftrek. Hy pluk nie net die broekie af nie, maar soen my al nader aan my poesie soos wat hy dit stadig aftrek.

Hy trek die broekie af tot by my enkels en dan maak ek my bene weer oop. Ek skuif vorentoe sodat my ontblote onderlyf nader aan die voorkant van die rusbank is.

Sy lippe en tong is op my gladde poesielippe. Hy druk die punt van ’n vinger in my vagina in.

Ek is baie lus. Hy lek oor my klit.

Ek sit my hande onder sy arms en trek hom op na my toe. Ons kaal lywe is teen mekaar. Ek sit my arms en bene om sy lyf en trek hom vas teen my. Ek voel sy ereksie onder teen my druk.

Hy staan regop en ondersteun my met sy hande op my kaal boude. Ek wikkel my lyf sodat die punt van sy warm penis die opening van my vagina kan vind. Hy penetreer my. Ek voel hoe sy penis die binnevlees van my oopmaak en my vul.

Ek het hom nog nie laat weet hoekom ek lank weg was nie. Hy gaan nou uitvind.

Ek hou hom styf met my arms en bene vas en dan styg ons op. Ek voel die hol gevoel in my maag soos wat ons opwaarts versnel en hy snak sy asem en snik. Sy penis druk baie diep in my in.

Ek voel die opwinding in hom. Ek voel hoe die bruising van adrenalien die lekkerte van sy penis in my poesie vir hom lekkerder maak.

Wanneer die rusbank ’n klien stippeltjie onder ons is, stop ek. Hy hoef my nie meer vas toe hou nie en ver bokant die grond lê ek met my rug terug en in die lug maak ons liefde in die sendelingposisie.

Dit is verby heerlik. Sy stywe penis beweeg stadig en diep in my. Sy asem jaag. Ek sit my hande op sy boude en trek hom diep in my in. Hy skuif vorentoe op my en dan stimuleer sy penis my klitoris meer.

Hy hyg al vinniger. Hy begin flikker. Ek kyk hoe die blou skynsel flikkerend deur sy lyf trek en merk ek op dat ek heeltemal ’n geel skynsel is. Die orgasme is besig om op te bou in my.

Ons albei is net energie en lig.

Ek vat ons nog hoër. Ek vat ons tot tussen die skitterende sterre in. Ons is lig wat liefde maak. Ek is net lig, maar die gevoel van hy wat liefde maak met my trek deur my hele wese. Ek kan nog steeds voel hoe sy penis in my poesie beweeg en teen my klitoris skuur, maar die heerlike gevoel bly nie net by my poesie nie. Dit sprei van my klit af deur my hele wese.

Teen ’n duisligwekkende spoed gaan ons op, vorentoe, agtertoe, heen en weer…

Ek kom. Ons is in die donker ruimte tussen die sterre, maar ek is bewus van my geel lig wat flikker toe ek begin kom, en dan in goue skakerings ontplof soos vuurwerke.

Hy kom in my. Sy blou lig raak verblindend, gaan dan weg, raak weer verblindend, gaan dan deur weer weg. Sy blou lig flits verblindend elke keer wat hy diep in my kom.

Ons val. My orgasme is lank en trek nog deur my. Sy blou lig flits nog ritmies, raak dan dowwer met elke helder flits ons tol al in die rondte af grond toe.

Ek sien die grond nader kom.

Ek laat gaan hom. Hy raak al verder weg van my af en dan word sy blou dowwer en hy verdwyn.

Ek verskiet in ’n skouspel van geel lig voordat ek die grond tref en dan gaan rus ek ook.