Sexy Afrikaans

Lyfliteratuur Erotiese Stories Sexy Lywe Hygliteratuur

Woonstelmaats

Woonstelmaats

Tydens ons eerste jaar het sy na die Junie-vakansie met haar tasse opgedaag. Ek het nie gedink sy sou opdaag nie.

Ons het nog glad nie voorheen ontmoet nie. My finansies het begin druk toe my woonstelmaat opgeskop het en ek het ʼn advertensie geplaas vir ʼn nuwe woonstelmaat. Die woonstelletjie het twee slaapkamers gehad en was klein, maar wat meer wou ʼn student hê? Oor die telefoon het ek uitgevind sy studeer ingenieurswese en ek het B.Com gestudeer. Ons het afgespreek dat sy op ʼn maand-tot-maand grondslag sal intrek. Ek wou eintlik iemand gehad het vir ʼn langer tydperk, maar dit was Junie en my medestudente het almal reeds blyplek gehad.

Toe ek die deur oopmaak, staan sy daar, besig om te verkluim. ʼn Rooi wolmus op haar kop, rooi serp, rooi trui en ʼn rooi langbroek. Twee groot bruin tasse langs haar. Die ysige wind het gepluk aan haar lang swart hare wat onder haar mus uitgehang het.

Ek groet vinnig en nooi haar binne. Ek wil nog haar tasse indra, maar sy tel hulle op en stap binne. Ek maak die deur agter ons toe. Sy steek haar hand uit. “Leigh, aangenaam.”

Ek skud haar yskoue hand en gaan wys haar kamer vir haar.

Toe ek haar tasse vir haar kamer toe wil dra, lees sy vir my die leviete voor. Sy is ʼn woonstelmaat, en net dit. Sy kan haar eie tasse dra. Haar kamer is verbode terrein vir my. Sy gee vir my kontant aan vir die deposito en die eerste maand se huur voordat sy in haar kamer in verdwyn en die deur toemaak.

Genade, maar sy is pragtig, dink ek. Sy is reg. Sy is ʼn woonstelmaat.

Ek gaan sit by die klein lessenaar in my kamer en werk my begroting uit. Ek word weer bewus van haar toe ek parfuum ruik. Dit ruik lekker, soos somer, terwyl die winterwind buitekant huil. ʼn Gedempte klop aan die deur. “Kom maar binne,” sê ek, maar sy bly staan in die deur. Sy lyk ongemaklik.

“My pa sal die stuipe kry as hy weet ek deel ʼn woonstel met ʼn man. Ek kon nie nou ander blyplek…”

“Ek kort ʼn woonstelmaat om my begroting te laat klop,” val ek haar in die rede en wys na my skootrekenaar se skerm. “Ek het nie bybedoelings nie.”

“My pa kom vanmiddag ʼn draai maak,” sê sy en kyk dan af, vir haar skoene.

“Ek sal sorg dat ek nie hier is nie,” sê ek.

Haar oë verhelder. “Ek is jammer,” sê sy.

“Wat gaan jy sê as hy vra wie is jou woonstelmaat?”

Van toe af kom haar vriendin, Lindie, elke keer oor as haar pa wou kom kyk hoe dit gaan. My kamer word ook elke keer vinnig aangepas met twee groot pienk kussings en ʼn teddiebeer op my bed.

Ons elkeen gaan ons eie gang en ek bly ʼn alleenloper. Leigh het af en toe iemand wat kom kuier, maar sy is die meeste van die tyd voor haar boeke. Ons kom baie goed oor die weg en doen ons deel met die skoonmaak en skottelgoedwas in die woonstel.

Ek begin gevoelens vir haar te ontwikkel, maar ek onderdruk dit.

Ons is klaar met ons tweedejaar eksamens. Ons hou partytjie in die woonstel. ʼn Klomp medestudente is ook daar en die drank vloei, maar nie te oorbodig nie. Na middernag begin ek en Leigh skoonmaak. Dit gebeur net. Ons soen in die kombuis. Nie lank nie, net ʼn diep tongsoen en toe verdwyn sy in haar kamer in.

Die volgende oggend toe ek wakker word, het sy reeds huis toe vertrek.

Ek hoor niks van haar gedurende die vakansie nie. Ek weet nie eers of sy gaan terugkeer woonstel toe nie. Ek weet nie of ek iets moet lees in die soen wat ons gehad het en of ek daarvan moet vergeet nie.

Effens onseker gaan ek na die Desember-vakansie terug woonstel toe. Toe ek die deur oopsluit, weet ek sy het terug gekom. Haar parfuum hang lig, maar vars in die woonstel. Ek loer by haar kamer in. Sy is nie daar nie, maar haar boeke is op die lessenaar. Sy het al reeds uitgepak. Wanneer sou sy terug gekom het?

Ek hoor haar inkom terwyl ek besig is om my klere uit te pak. Ek hoor sy raak doenig in haar kamer.

Ek gaan groet haar.

Haar hare hang los. Sy het ʼn kortbroek en ʼn T-hemp aan. Ek is bewus van haar vroulike kurwes.

“Wanneer het jy gekom?” vra ek, net om iets te sê want die stilte tussen ons word swaar.

“Gister,” sê sy.

Haar lyf is teen myne. Haar lippe is op myne. Ek hou haar vas en ons soen. Haar tong is gretig, lus binne in my mond. Ek voel hoe haar borste teen my druk. Ons staan lank en vry.

“Wat nou?” vra sy na ʼn ruk.

“Ek weet nie,” sê ek.

“Dis nie verkeerd nie,” sê sy sag.

“Nee, dit is nie.”

“Ek het die hele vakansie aan jou gedink.”

“En ek aan jou.”

“My kamer is nie meer verbode vir jou nie,” sê sy en trek my binne.

Ons is op haar bed, ons lywe teen mekaar en ons soen nog. Sy trek my hemp uit, staan dan op haar knieë op die bed en trek haar T-hemp oor haar kop. Sy draai om en ek maar haar bra los en haal dit af.

Haar borste is pragtig. Ons omhels mekaar en haar kaal borste druk teen my bolyf. Haar hande vroetel met my broek en sy maak die toutjie los. Sy staan op en trek haar haar broek uit. Sy het ʼn piepklein panty aan en gaan lê op haar maag op die bed. Ek gaan lê langs haar.

“Het jy ʼn kondoom?” vra sy.

“Nee,” antwoord ek. Fok.

“Wees net versigtig,” sê sy en draai op haar rug. Sy trek haar panty af en gooi dit langs die bed neer. Sy maak haar bene oop. My broek vlieg eenkant toe.

Ek gaan bo-op haar tussen haar oop bene. Ek druk iewers tussen die nat van haar bene. Ek liefkoos haar kaal borste met my lippe en tong. Sy sit haar hande op my boude en druk my af. Ek voel haar nat hitte en dan gly ek stadig in haar in.

Sy snik sag en ek druk al dieper in haar in. Ek begin my heupe te wikkel en sy druk my boude harder sodat ek haar heeltemal penetreer.

Ons maak wild liefde. Sy is glad en snoesig en ek voel ek gaan kom. Ek wikkel my heupe nog ʼn paar kere en dan lig ek my onderlyf hoog op. Ek glip uit haar en dan val my saad kloppend op haar maag. Sy sit haar hande op my wange en ons soen terwyl die laaste druppels saad uit my skiet.

Net so kaal lê ons op die bed in mekaar se arms. Ons is nie meer net woonstelmaats nie.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.