Sexy Afrikaans

Lyfliteratuur Erotiese Stories Sexy Lywe Hygliteratuur

Woonstelmaats

Woonstelmaats

O aardetjie tog, wat het my besiel, wonder ek en tel dan my tasse op en stap tot by die voordeur.

In die studentehuis waar ek eers gebly het, kon ek nie swot nie. Dit was ʼn rumoer en gekuier van vroeg tot laat. Toe ek my laaste vak geskryf het, het ek besluit: Ek gaan trek. As ek langer bly, gaan ek druip. Ek het almal laat weet en al my goed gepak en huis toe gegaan vir die vakansie.

Tydens die vakansie het ek ander blyplek gesoek, maar dit was skaars! Ek het paniekerig geraak en toe reageer op ʼn advertensie. Ja, ek was desperaat, en het oor die telefoon ingestem om ʼn woonstel met ʼn man te deel. Dit was of dit, of ek het geen blyplek gehad vir die tweede semester nie. Ek het vir myself gesê ek sal aanhou soek en sodra ʼn ander plek beskikbaar is, trek ek weer uit.

Dit was ʼn ysige dag en my vingers het gepyn van die koue. By die voordeur het ek my tasse neergesit, diep asemgehaal, en geklop.

Die deur het oopgegaan. Hy het heel ordentlik gelyk, oorhaastig gegroet en my binne genooi. Ek het my eie tasse gedra, sodat hy van die begin af kon verstaan hy beter nie idees kry nie. Ek het nie ʼn ander keuse gehad as om daar te bly nie, en ek was daar om te studeer.

Ek het hom met die hand gegroet. Sy handdruk was warm en stewig, maar hy het nie my hand seer gedruk nie. Nadat hy my kamer vir my gewys het, wou hy weer my tasse in my kamer in dra. Nee. Ek het hom mooi vertel ek is sy woonstelmaat en ek betaal so my kamer is verbode vir hom. Altyd verbode. Ek het my handsak oopgemaak, die kontant vir die deposito en die eerste maand uitgehaal en dit vir hom gegee.

Ek het my kamerdeur toegemaak en begin uitpak. Ek het ʼn ruk op die stoel agter die lessenaar in my kamer gaan sit en gedink. Hy lyk heel ordentlik, en hy is heel aantreklik ook! Ek het liggies parfuum gespuit en toe uit my kamer gegaan. Ek kon myself skop omdat ek parfuum gespuit het. Wat as hy dink ek het dit vir hom gespuit? Ek het ʼn probleem gehad wat ek met hom moes uitklaar.

Pa het nie geweet ek deel ʼn woonstel met ʼn man nie. Ek voel nou nog sleg oor ek dit vir pa weg gesteek het.

Hy het by sy lessenaar gesit en staar na die skerm van sy skootrekenaar. Ek het hom vertel daar gaan moeilikheid wees as my pa uitvind ek deel ʼn woonstel met ʼn man. Hy het vir my gesê hy het ʼn woonstelmaat gekry vir finansiële redes en genadiglik het hy uit sy eie ingestem om te verdwyn toe pa die middag van die plaas af gekom het om te kyk of alles reg is. My beste vriendin Lindie het ingestaan as my woonstelmaat.

(Noudat ek dit uittik, besef ek eers hoe vreeslik ek gekonkel het!)

Hy was nooit uit sy plek nie, maar soms het ek gesien hoe hy vir my kyk. Daar was verliefdheid in sy oë. Ek wou so graag gehad het hy moet my sien as meer as net ʼn woonstelmaat, maar hy het niks verder gedoen nie. Later was ek spyt dat ek so streng my voet neergesit het die eerste dag. Die maande het verby gegaan en ons eerstejaar was klaar.

Toe ons met tweedejaar begin het, was daar ʼn oomblik wat dit amper gelyk het of hy iets vir my wil sê, maar weereens niks nie.

Aan die einde van ons tweedejaar, het ons ʼn opskop gehou in die woonstel. Ons was net ʼn paar vriende wat lekker gekuier het en ontspan het na die eksamens. Ons het gelag en gesels en dit geniet.

Laat die aand het ons opgeruim. Dalk het ek bietjie baie wyn gedrink, of dalk het ek lank genoeg gewag, of dalk albei. In die kombuis het ons in mekaar vas geloop terwyl ons opgeruim het en toe soen ons. Dit was ʼn lekker tongsoen en toe voel ek skielik skaam of dalk dronk en vlug na my kamer toe.

Ek het my goed vinnig gepak en vroeg die volgende oggend het ek buitekant gaan wag vir pa om my te kom oplaai.

Die hele vakansie het ek aan hom gedink. Ek wou sy arms om my hê en sy lippe op myne voel. Ek kon ook nie duidelikheid kry of ek gewoond geraak het aan hom en of ek verlief was op hom nie.

Ek het ʼn dag vroeër terug gegaan. Hy was nog nie terug nie.

Die volgende dag was dit drukkend warm en ek het ʼn kortbroek en ʼn T-hemp gedra. Toe ek hom sien en hy my gegroet het, het ek geweet ek was dolverlief op hom.

Ons het gesoen. ʼn Soen wat vertel het van dolverliefdheid. Ek het my bolyf teen hom gedruk en hy het my in sy arms vasgehou.

Ek het hom gevra wat ons gaan doen. Hy het ook nie geweet nie en ek het vir hom gesê dit wat tussen ons is, is nie verkeerd nie. Hy het getalm en toe sê ek vir hom my kamer is nie meer verbode vir hom nie en ek het sy hand gevat en hom in my kamer in getrek.

Ons het op my bed gaan lê en gevry. Ek was vuurwarm gevry. Ek kon voel ek was baie nat. Ek kon ook voel hoe sy harde ereksie deur ons klere teen my lyf gedruk het.

Ek het sy hemp oor sy kop gewikkel, toe my hemp uitgetrek en omgedraai sodat hy my bra kon losmaak en afhaal. Op die bed het ons omhels en my kaal borste het teen sy warm bolyf gedruk. Ek was reg om nog verder te gaan. Ek het opgestaan en my broek uitgetrek. Ek het op my maag op die bed gaan lê en gehoop hy het ʼn kondoom. Hy het nie een gehad nie.

Ek het besluit ek wil nog steeds verder gaan, op my rug gedraai, my panty uitgetrek en my bene oopgemaak. Hy het sy broek uitgetrek en ek kon sien hoe hy my kaal lyf bewonder het.

Ek het kaal bo-op my kom lê en sy penis en aan die bokant van my vulva teen my warm klitoris gedruk. Hy het my borste en tepels gesoen en ek het my rug hol gemaak om my borste meer vir hom aan te bied.

Sy penis het tussendeur my nat labia beweeg nader na my vagina toe. Ek het my hande op sy stywe kaal boude gesit en hom nader na my toe getrek. Sy penis was by die nat opening van my vagina en toe begin hy my stadig te penetreer.

Ek was nog ʼn maagd, maar ek dink my hymen het al geskeur van perdry of elke keer wat ek ʼn tampon ingesit het.

Sy harde warm penis het al dieper in my vagina in gegaan. Hy het hard gedruk en dit was seer, seker soos wat die res van my hymen meegegee het. Ek was vreeslik nat en het harder aan sy boude getrek sodat hy nog dieper in my ingegaan het. Dit was weer seer en toe het hy sy heupe op en af begin wikkel. Ek kon voel hoe sy warm harde penis teen die gladde binnekant van my vagina beweeg. My vagina het vol gevoel en ek het gedink ek gaan dalk ʼn orgasme kry, toe trek hy sy penis uit my uit en warm druppels van sy saad het laag op my maag gestort. Sy asem was rukkend terwyl hy gekom het en ek het hom gesoen terwyl die laaste van sy orgasme oor hom gespoel het.

Hy het afgeklim en lang my op my bed gaan lê. Dit het gebrand tussen my bene. Ek het my bene toegemaak en op my sy gedraai hom toe. Hy het na my toe gedraai. Sy ereksie was nog besig om te sak en sy penis het teen sy taai saad op my maag gedruk.

Hy het sy een hand op my boude laat rus en ek het met my kop op sy arm gelê. My borste was teen sy bolyf en so het ons aan die slaap geraak. Ek het veilig gevoel en was tevrede dat ons verhouding meer as woonstelmaats geword het.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.