Kaalvoet koekeloer

'n Kaal vrou met ontblote borste swem en speel in die rivier.

Ek was 18 jaar oud, klaar met skool en Hugo en ek het uitgemaak. Poephol Hugo. Ek noem hom so, want ons was nie eers amper vriende nadat ons uit mekaar is nie. Hugo was 21.

Vir die Desembervakansie sou ek en Hugo see toe gegaan het. Durban toe. Ek het in Oktober reeds die Pil begin sluk. Pligsgetrou. Ek was gereed om seks met hom te hê. Toe kom ‘n poephol terug na 2 jaar se diensplig. ‘n Vroueslaner. Dalk was hy altyd so en dit was nie die weermag wat sy kop opgefoeter het nie.  Ons is uit en ek was steeds ‘n maagd.

Pa het gesê ek moet na Oupa en Ouma toe gaan. Twee liewe mense. Oupa Harry en Ouma Monique. Wes-Transvaal, anderkant Klerksdorp.

Pa het my plaas toe gevat vanaf Pretoria. Net voor Potchefstroom ry ons ‘n hewige hael-en donderstorm binne en halfpad tussen Potch en Klerksdorp het die lug weer oop getrek en die son het helder geskyn.

Pa het die Mercedes behendig tussen die modderpoele deur op die plaaspad  bestuur en sonder veel woorde het hy my bagasie afgelaai. Hy moes weer in die pad val en kon nie eers bly vir ‘n koppie koffie nie. Hy moes terug hospitaal toe waar hy ‘n trauma dokter was.

Nie Ouma of Oupa het ‘n woord gesê oor my en Hugo nie.

Oupa het my tasse spaarkamer toe gevat. Ouma het tee gemaak. Sterk, soet en met baie plaasmelk. Beskuit. Koeksisters. Melktert. “Jy het maer geword, kind,” het sy gesê.

“Ja, Ouma,” het ek sag geantwoord. Ek was nie lus vir gesels nie. Ek was nie lus om vir Ouma te verduidelik dat ek ‘n goue medalje vir landloop gewen het en dat ek maer is van die hardloop al eet ek gesond nie. Ek was skielik moeg. Diep sielsmoeg en het gesê ek gaan ‘n rukkie lê.

Die bed was groot, sag en daar was verekussings en ‘n vereduvet. Sasha, ‘n Duitse Herdershond, het langs my op die bed gespring en haarself tuis gemaak. Ek het aan die slaap geraak.

Ek het egter nie lank geslaap nie. Drie helder slae van die staanhorlosie in die sitkamer het my wakker gemaak.

Ek het deur die huis geloop. Niemand nie. Oupa was seker op die plaas iewers en Ouma besig buite die huis. Ek het die plaas goed geken. Toe ek ‘n kleuter was het Oupa my geabba en later het ek sorgeloos rondgeloop wanneer ons vakansies kom kuier het.

Sasha het saam met my geloop toe ek stroompie toe gestap het. Ek het geweet die paadjie was sagte stof getrap en soos altyd het ek sommer kaalvoet geloop. Die glibberige modder het tussen my tone deur gepeul.

Die stroompie het sterk gevloei na die reën. Dit was warm en bedompig en skielik was ek lus vir swem. Die stroompie was net te sterk. Ek het na die ronde sementdam toe geloop. Ek het om my gekyk en geluister. Daar was niemand nie. Net die wind deur die gras en voëltjies wat fluit.

Ek het my beige rok oor my kop uitgetrek en dit op die gras neergesit. Ek het weer, selfbewus, rondgekyk. Niemand nie. Sasha het het die skaduwee van die damwal gelê. Rustig. Sy sou gekyk het as daar iemand was, het ek vir myself gesê.

Ek het my bra afgehaal en dit op die rok neergesit. Die wind was koel op my ontblote borste. Ek het vinnig my broekie uitgetrek en toe op die damwal geklim en in die water in. Dit was heerlik. Ek het die deursnee van die dam onder die water deur geswem. Ek hou vandag nog van kaal swem.

Ek het uit die dam geklim en die waterdruppels van my naakte lyf met my hande af gevee en my broekie eerste aangetrek. My nat donker koekiehare het die wit broekie laat deurskyn en sonder om my bra weer aan te sit, het ek die rok oor my kop gegooi en die bra opgevou.

Ek was lus vir hardloop. Die plaas was die perfekte plek vir ‘n impromptu landlooproete.

Ek het die voetpaadjie na die stroompie toe gevat en gemaklik gehardloop sonder om myself te druk. Waar die voetpaadjie naby die stroompie vurk, het ek die een gevat wat langs die stroompie loop.

Ek kon nie die water deur die riete op die oewer sien nie, maar kon die rustige gekabbel hoor. Oor ‘n klipplaat het ek geloop en toe weer gehardloop.

Ek het die gejil gehoor nog voordat ek hulle gesien het. Ek het geweet die swemkuil is anderkant die grensdraad. Sover ek geweet het, het die boer aan daardie kant nie kinders gehad nie en hulle was self ongeveer Oupa-hulle se ouderdom. Wie kon dit wees?

Ek het versigtig deur die doringdraad geklim en na die swemkuil toe geloop. Daar waar die riete oopmaak, het ek hulle gesien. Twee rooikop mans. Stef en Pieter? Hulle was familie van die bure en as ek reg onthou, was die tweeling ‘n jaar ouer as ek. Ek het nader gegaan maar versigtig sodat hulle my nie sien nie.

Ja, dit was definitief Stef en Pieter. Ek het gesluk en gevoel hoe ek bloos. Ek het as kind saam met hulle baljaar, maar hulle het mans geword.

Albei was kaal.

Hokaai, het ek vir myself gesê. Jy het netnou ook kaal geswem.

Ek het gedink ek moet suutjies omdraai en weg gaan, maar toe gaan ek nog nader. Sasha was agter my tussen die riete. As sy sou blaf…

Hulle penisse het tussen hulle bene geswaai. Die ontblote manlike organe was langer as wat ek gedink het. Eintlik weet ek nie hoekom ek so gedink het nie, want op daardie stadium het ek nog nie ‘n man se penis aanskou nie. Hulle het albei roesrooi krulhare daar gehad. Hulle was nie besny nie.

Ek het bly kyk na hulle kaal manslywe. Hulle albei was gespierd en hulle boude was ook vir my mooi, al het ek meer na hulle penisse gekyk.

Ek het gewonder hoe dit sou lyk as ‘n penis styf raak. Staan hy regop boontoe, na die naeltjie toe, of reguit vorentoe?

Ek het al my wysvinger in my koekie in gedruk, en ek het gewonder of dit seer sal wees as ‘n penis my oopmaak vir die eerste keer? Hulle penisse het klaar groot gelyk, en as dit nog groei om styf te raak? Hulle punte het weggekruip agter gekreukelde velletjies. Kom die punte uit as hulle styf word?

Hoe proe ‘n penis? Ek het geweet daar is mans wat daarvan hou as ‘n vrou hulle lek en suig.

Is my koekie diep genoeg?

Ek het baie vrae gehad, maar het nie vir ‘n oomblik weg gekyk nie.

Agter my het Sasha iets tussen die riete gekrap en diep gegrom. Ek het gebukkend tussen die riete verdwyn en toe blaf Sasha opgewonde.

Ek het nie terug gekyk nie en toe ek uit die riete is het ek gehardloop so vinnig as wat ek kon, my rok geskeur by die grensdraad en met ‘n ompad huis toe gedraf.

Ouma was in die kombuis besig. “Hoekom is jy so uitasem, kindjie?” het sy gevra.

Ek was uitasem, maar nie van die hardloop nie. Ek was uitasem van opwinding gemeng met skuldgevoelens en ‘n lekker lus gevoel in my omdat ek na die kaal mans gekyk het.

“Ek het gaan stap en toe sommer besluit om te hardloop, Ouma,” het ek gesê en haar toe van landloop en my medalje vertel.

Laat die aand toe dit stil in die huis was en ek in my bed, het ek bly dink aan die kaal lywe en swaaiende penisse van Stef en Pieter.

Ek het kaal bo op die duvet gelê want dit was warm. Ek het aan my koekiehare gevat en toe aan die lippies wat my skaamspleet vorm. Ek het my vinger deur die spleet getrek, oor die bultende knoppie na die gaatjie waar ‘n penis in gaan.

Terug na die knoppie toe. My klitoris. Dit was lekker, baie lekker toe ek met die nat van my koekie oor die stywe knoppie speel. Lekkerder en lekkerder.

My asem was hard.

Dit het gevoel of ek warm word en ek het opgehou. Toe wou ek éérs nog oor die knippie speel. Ek was baie nat. In die stilte kon ek hoor hoe ek met myself in die glibberigheid speel. Ek het gedink die nat geluide is te hard en het stadiger gespeel en toe raak die gevoel baie erg en baie hemels na ‘n rukkie.

Ek het my kussing gebyt en baie vinnig oor my gladde knoppie gespeel en ook aan penisse gedink.

Dit was hemels. So verskriklik lekker. Ek moes hard op die kussing byt en al het ek ophou speel, het dit ‘n rukkie lank aangehou en toe word my klitoris vreeslik sensitief.

Ek was baie nat tussen my bene.

Op die duvet was ‘n groot nat kol. Ek het gepie toe dit so erg lekker raak.

Met bene wat lam voel het ek suutjies badkamer toe geloop, my waslap gekry en so goed as wat ek kon die nat kol op die duvet probeer skoonmaak.

Ek het die duvet oor die stoel in my kamer gegooi om droog te word deur die nag en net so kaal op die bed aan die slaap geraak.

Nog voordat die son opgekom het, het ek koud gekry en die duvet oor my gegooi. Toe ek later weer wakker word, het ek gekyk, en ek moes baie mooi kyk om te sien waar die nat kol op die duvet was.

Ek het die res van die vakansie weer nou en dan naby die grensdraad gaan loop om te hoor of Stef en Pieter nie weer baljaar in die swemkuil nie, maar daar was net stilte.

Baie aande het ek ‘n handdoek onder my gesit wanneer ek in die stilte van die nag myself bevredig het. Ek het nie elke keer gepie nie, net wanneer dit vreeslik lekker was.

Ek het ook gereeld kaal in die dam gaan swem. In die nag ook.

Ek het eers baie later geleer dat ek nie hoef skaam te wees nie maar dat ek gelukkig is om te piepie of te “squirt” as ek ‘n intense orgasme het.

Teks:

Creative Commons Licence
This work is licensed under a Creative Commons Attribution-NonCommercial-NoDerivatives 4.0 International License.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.