Eerste orgasme

Ek hou van seks. Seks is lekker, seks is gesond en seks is natuurlik. Ek het in ’n baie konserwatiewe huis grootgeword. Praatjies oor seks was meestal taboe in ons huis en wanneer daar wel oor seks gepraat is, was dit om te verstaan dat seks nie vir plesier is nie, maar vir voortplanting.

Die kerk waarnatoe ons gegaan het, het seks as sonde voorgehou. Seks was ’n instrument van Satan om mense in die verderf in te lei. Voorbehoedmiddele was instrumente om sedeloosheid te bevorder en die wil van God te verontagsaam.

Toe ek volwassenheid bereik het, was ek baie onseker oor seks. As seks dan so verkeerd was, waarom dan het ek gevoel asof ek lus word? Asof ek iets tussen my bene soek? Asof daar plesier en lekkerte tussen my bene wag om ontdek te word?

Ek het aan myself gevat tussen my bene voorheen en dit het lekker gevoel. Ek was al ouer as 18 en het tot ’n spieël gebruik om te kyk hoe lyk my vulva.

Ek was in die kamer en het die deur gesluit. My ouers was nie tuis nie en my ouer broer was by ’n kerkbyeenkoms. Daar was geen ooglopende rede om die deur te sluit nie, maar ek moes net. Ek het skuldig gevoel omdat ek tussen my bene gevat het en die geslote deur het vir my meer sekuriteit gegee, so asof dit wat ek gedoen het meer kon wegsteek agter ’n geslote deur. Ek het gedink dit is hoe Adam en Eva moes gevoel het toe hulle besef het hulle is kaal en hulle self met vyeblare bedek het. Die geslote deur was my vyeblaar.

Karla, my beste vriendin, het vir my ’n pak kaarte gegee. Op die kaarte was foto’s van kaal mans. Ek het op my bed gesit en deur die kaarte na die gespierde mans met hulle groot penisse gekyk. Sommige se penisse het gehang en ander was baie groter en regop. Ek het gewonder hoe dit voel as ’n kaal man bo-op mens lê en sy groot penis tussen jou bene in druk. Ek het gewonder of sit seer sal wees as ’n groot stywe penis my vagina binnedring, my maagdevlies skeur en my ongeskonde vagina oopmaak. Ek het gewonder of die twee testikels sag is soos ’n rou eier, of harder en dalk soos ’n rubber balletjie.

Op een van die foto’s was ’n foto van ’n kaal blonde man met ’n groot regop penis en net ’n cowboy hoed op sy kop. Ek het my verbeel die blonde cowboy is op my en my bene is oop. Hy soen my innig en die punt van sy sterk penis gaan stadig in my vagina in.

Ek het opgestaan en al my klere uitgetrek. Ek het kaal my handspieël gevat en dit op die vloer neergesit. Ek kon voel my koekie was baie nat en ek wou gesien het hoe dit lyk. Ek het op my hurke gaan sit oor die spieël en die spieël beweeg sodat ek my skaamdeel kon sien.

My harige lippe daar onder was effens oop. My anus was toegetrek en gekreukel. My intieme dele was blinkpienk van die natheid. Ek kon ook my klitoris sien en het aan die knoppie gevat.

Ek het sagkens oor my klitoris gevryf en my vinger in sirkels rondom dit beweeg. Dit was baie lekker. Ek het my skaamlippe oop getrek en die klein opening van my vagina waargeneem. Dit was ongemaklik om so op my hurke oor die spieël te sit.

Ek het regop gekom en kaal voor die spieël teen die muur gaan staan. My tepels was styf. Tussen my bene was daar ’n welige bos hare en deur die hare kon ek die spleet sien wat my labia gevorm het.

Ek het op die bed gaan lê en my bene wyd oop gemaak. Ek het oor my naakte borste en tepels gevryf en toe aan my klitoris gevat. Ek het daarna die punt van my wysvinger in my vagina in gedruk. Ek het aan my vinger geruik en gewonder of ’n man van die reuk van my koekie sal hou. Ek het gewonder hoe ruik ’n penis.

Ek het weer aan my klitoris gevat en die gladde knoppie met my vinger gestimuleer. Dit het al lekkerder en lekkerder geword. Ek het oor my hele koekie met die palm van my hand ook gevryf en met my vingers deur my nat spleet voordat ek weer my vinger net oor my klitoris laat gaan het.

Dit was vreeslik lekker. Ek het nie geweet wat om te verwag nie, maar ek kon nie stop nie. Dit was net te lekker.

Ek het ’n orgasme gekry. Dit het langer aangehou as wat ek gedink het dit sou. Ek het my lip gebyt, my kussing vasgegryp en my bene styf reguit geskop.

My gesig het rooi en warm gevoel. Ek het ook dromerig gevoel. Dit was vreeslik baie lekker gewees. My hand was nat. My hele liggaam was baie ontspanne. Ek het vir nog ’n rukkie op die bed gelê en toe ’n snesie gevat en die natheid tussen my bene afgevee.

Ek het my klere aangetrek. Ek het skuldig gevoel, maar nie baie nie. Dit was te lekker en ek het gewonder of dit baie meer lekker gaan wees as daar ’n warm penis ook in my is terwyl ek ’n orgasme kry.

Dit was die eerste van baie orgasmes wat ek vir myself gegee het.