(Lees deel 1 hier: Liefde Wat Geroes Het – Deel 1)

Lynette se oupa is ʼn gawe man. Hy groet my met ʼn stewige handdruk. Haar ouma groet ook vriendelik.

In die weermag is daar korporaal, sersant, luitenant, kaptein… Ek noem haar oupa en ouma “oom” en “tannie”. Dit voel altyd vir my vreemd om iemand wat glad nie familie is nie, “oom” en “tannie” te noem. Ek het seker maar iets gemis in die Afrikaanse klas op skool. Om hulle “meneer” en “mevrou” te noem, sal nog vreemder voel.

Tannie Ralie gaan wys vir my waar my kamer is. ʼn Groot bed met ʼn kraakskoon wit duvet. Groot vensters wat baie lig inlaat. In die een hoek ʼn kaggeltjie wat ek natuurlik glad nie nou in die somer gaan gebruik nie. ʼn Ruim hangkas van donker hout. Tafeltjie langs die bed met ʼn bedlampie. ʼn Bybel langs die lampie.

Die tannie sê ek moet laat weet as ek iets nodig het, verstel haar grys bolla, druk haar handpalms saam en glimlag dat die fyn plooistrepies langs haar oë verdiep. Haar hele gesig glimlag. Sy het mooi groen oë. Lewendige, vriendelike oë soos Lynette.

Haar gesig word skielik streng. “Onder hierdie dak word geen gekafoefel buite die huwelik toegelaat nie,” sê sy en dan draai sy om en ek hoor haar voetstappe kliphard en flink op die plankvloer in die gang af.

Gisteraand voor ek aan die slaap geraak het, het ek my verbeel ek loop in die nag suutjies na Lynette se kamer toe en klim langs haar in die bed waar sy heeltemal kaal vir my wag. Hierdie dekselse plankvloer het daai idee aan stukke laat spat.

Terwyl ek my klere uitpak, kom staan Oom Koenraad in die deurkosyn. Hy vra my uit oor die weermag. Ek vertel maar so bolangs. Toe ek klaar is, sê hy ook vir my: Geen nagsluipery nie. Ek slaap hier en Lynette in haar kamer.

Gelukkig het ma my pak ook uitgehaal. Oom Koenraad sê vir my more gaan ons kerk toe. Ons almal.

Tannie Ralie roep. Ek volg die oom kombuis toe. Ons voetstappe klink oorverdowend op die krakende plankvloer. Ek kon netsowel my pakkie kondome by die huis gelos het, of dit glad nie gaan koop het nie. Daar is geen beter voorbehoedmiddel as die flippen plankvloer nie!

Lynette is nie in die kombuis nie. Tannie Ralie sit ʼn groot bord tuisgebakte brood en wors voor my en die oom neer en dan kom sit sy ook. Waar is Lynette? Net toe ek wou vra, sê die oom hard en streng “Laat ons bid!”

Ek maak my oë toe. Die oom bid lank. Te lank?

Toe die oom uiteindelik klaar gebid het, kom Lynette in die kombuis ingewarrel. Haar asem jaag en haar gesig is rooi. Sweetdruppeltjies op haar voorkop. Die oom bid weer nadat die tannie vir Lynette opgeskep het. Hy bid vinnig die keer en ons val weg. Ek sal later hoor waar Lynette was, of haar dalk nie eers vra nie.

Na middagete sê die oom ek moet saam met hom gaan stap. Hy bring vir my ʼn hoed. Ek sit dit op my kop buitekant. Die hoed voel tuis op my kop. Die vorige twee jaar was ʼn hoofdeksel deel van my lewe. Boshoed, baret, staaldak…

Dit is warm. Die sonbesies sing. Ons loop met ʼn tweespoor kronkelpaadjie teen ʼn koppie uit. Toe ons bo is, is daar ʼn braaiplek en boomstompe vir sitplek. Die oom sê ek moet sit.

Vir ʼn ruk kyk ons oor die veld uit. Rooibokke doer. Sebras nader.

“Wat beplan jy vorentoe?”

“Ek het ʼn beurs by Sasol gekry, Oom. Ek gaan chemiese ingenieurswese…”

“So jy gaan swot,” val hy my in die rede. “Ingenieurswese.”

“Ja, Oom.”

“Waar?”

“Die PUK, Potch, Oom.”

“Lynette ook. Swot jy agter haar aan of sy agter jou aan?”

“Ek, nee, ek het nie geweet sy gaan swot nie, Oom.”

“Sy het die admin werk opgegee by die firma van die Pieter vent,” sê die oom en hy klink moerig. Hopelik is hy moerig vir die “Pieter vent” en nie omdat sy die werk opgegee het nie. Ek het nie eers geweet sy het daar gewerk nie. Eintlik weet ek duidelik nie veel nie.

“Oorlog kan met ʼn mens se kop smokkel,” sê die oom en hy haal sy pyp uit en begin dit stop.

“Ja, ek weet, Oom.”

“Jy dink jy weet nou. Dit is later wat die oorlog jou tref. Jy aksie gehad?”

“Ja, Oom.”

“Die dood gesien?”

“Ja…”

“As jy later sukkel, kom praat jy met my. Verstaan?”

“Ja, Oom.”

“Jy sê nou vir alles ja. In die vyftigs het my liewe Ralie swaar gekry. Oor my,” sê hy en daar is ʼn bewerigheid in sy stem. “Dan moet jy nog kampe ook gaan doen, seker?”

“Ja, Oom, maar ek is nie mooi seker oor die kampe terwyl ek studeer nie.”

“Jy moet in jou kop ook uitklaar, seun. Jy kan nie in jou kop nog oorlog voer nie. As dit jou in die aande inhaal, moet jy praat daaroor. Jy moet my belowe.”

“Ek belowe, Oom, ek sal.”

Hy bêre sy pyp en ons staan op. Die flinke man het trane op sy wange. In die vyftigs moeilik gewees? Dan was hy seker in die Tweede Wêreldoorlog. Ons loop in stilte terug na die plaashuis toe.

Onder ʼn groot koelteboom sit Lynette en Tannie Ralie op ʼn blokkieskombers. “Nou toe, dit is vreeslik warm, laat Lynette vir jou die rivier gaan wys,” sê die oom en Lynette staan op. Hy knipoog vir my en gaan sit langs Tannie Ralie op die kombers.

Lynette vat my hand en ons volg ʼn voetpaadjie in ʼn ander rigting as die koppie. Toe ons die plaashuis nie meer kan sien nie, gaan staan sy en sit haar hande op my heupe. Sy trek my nader. Ons soen. Dis ʼn heerlike, intieme soen. Ek sit my arms om haar lyf en druk haar styf teen my vas. Ek kry ʼn vreeslike horing wat druk teen haar onderlyf. Sy moet dit voel, maar sy sê niks nie.

Ons los mekaar en met my hand laag op haar heup, loop ons verder. Sy loop in die paadjie en ek meer in die gras. By die rivier is ʼn groot stuk sagte groen gras. Die water vloei stadig en ek besef ek het nie ʼn swembroek gebring nie.

Sy trek haar hemp oor haar kop en maak haar bra los. Sy skop haar leersandale uit, trek haar broek af en dan haar panty. Poedelnakend. Ek het nog nooit iets so mooi aanskou nie. Sy gil opgewonde en hardloop oor die gras na die rivier toe.

Vrou swem kaal in die rivier.Ek kom skielik by, en trek al my klere ook uit en hardloop agter haar aan. Sy spring in die rivier in en ek agterna. Ons speel in die rivier. Jaag mekaar en spat mekaar. Toe ons moeg is, klim ons uit. Sy gaan lê op die gras. Ek gaan lê langs haar.

“Ek het ʼn pil by die apteek gekry en daarna was ek dokter toe vir nog pille,” sê sy.

“Pille?”

“Ja, voorbehoed.”

“Ek het ʼn pakkie kondome gaan koop.”

“Dis nie nodig nie.” Sy lag en sit haar hand op my horing, smeer die klein gladde druppels wat by my pielpunt uitkom stadig oor die stywe kop.

“Jou oupa en jou ouma het my gewaarsku teen kafoefel,” sê ek draai na haar toe. My horing is ongemaklik styf. Ek kyk na haar mooi bene, die nat hare en strepie in haar mik, haar plat magie en haar stywe borste.

“Kyk jy lekker?” vra sy en haar oë vonkel.

“Ja, ek…ek…” stamel ek en kyk weg.

“Kom dan vanaand na my kamer toe,” sê sy.

“Met daai plankvloer?”

Sy bars uit van die lag, staan dan op en klim op my. Haar kaal lyf is nog nat en sy voel koel. My horing is iewers teen haar harige koekie en haar naakte borste is hier reg voor my. Ek vat aan haar borste. Gly met my vingers oor haar tepels. Haar lippe is op myne en haar borste druk styf teen my. Ek streel oor haar kaal boude. Sy beweeg haar heupe stadig en my piel gly deur haar nat spleet.

Haar naakte skoonheid en my hande op haar kaal lyf oorweldig my. Ek kom. Die skoot skiet warm uit my uit teen haar vas en land op my piel en ballas. Ons hou nie op soen nie. Sy hou aan om haar heupe stadig te beweeg en haar skaamlippe gly oor die glibberige kom.

Sy klim van my af en loop na die rivier toe. Vir wat kom ek so deksels vinnig? Ek kyk na die sexy swaai van haar heupe en die beweging van haar kaal boude terwyl sy loop. Sy spring in die rivier in. Ek spring weer agterna.

In die rivier druk sy haar kaal lyf teen myne. “Klim vanaand net by jou venster uit, loop op die sementpaadjie na my venster toe, en klim in my kamer in deur die venster,” sê sy.

Ek druk my onderlyf teen haar. “Ek is nou weer reg,” sê ek.

“Ek voel so,” sê sy en soen my. “Maar ek wil vanaand in my bed liefde maak.”

“Wat as jou oupa of ouma ons hoor?”

“Ek wil met jou liefde maak en langs jou wakker word,” fluister sy, streel oor my piel onder die water en dan swem sy kant toe en klim uit. Sy staan kaal in die son om droog te word. Ek klim ook uit, droog myself met my hemp af en trek aan.

Ek gaan sit op die gras. Sy tel haar panty op, buk reg voor my en ek sien haar stywe anus en die blinknat lippe van haar poesie. Haar boude is spierwit teen haar bruingebrande bene. Sy trek haar panty op en draai om. Die strepie tussen haar bene is sigbaar deur haar panty. Sy trek die res van haar klere stadig aan. Ek kyk vir haar borste totdat sy haar hemp aan het.

Is daar ʼn oorlog in haar kop? Wat het gebeur terwyl ek weg was? Is daar nog liefde tussen ons, of is dit nou net seks?

… word vervolg

Kategorië: Hygliteratuur

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.