Twee jaar is ʼn ewigheid en tog ook ʼn vlietende oomblik. Twee jaar gelede het sy my kom groet, hier by Johannesburg se stasie. Toe was ek rou, opgewonde en ook onseker. Sy het my belowe sy is myne. Sy het dit hardop gesê en die trane in haar oë het dit vir my gewys. Ek het haar belofte geproe aan die sout van haar trane op haar wange en die soetheid van haar lippe. Ek het haar liefde gevoel toe sy haar lyf ʼn laaste keer styf teen myne druk.

Ons was amper klaar met Basies toe ek haar brief gekry het. ʼn Afsêbrief. ʼn Brief wat my laat vloek het. ʼn Brief wat my binne laat huil het, maar nie eers vir ʼn dag lank nie. Haar brief het gesê sy is nie meer myne nie. Ek het ook nie meer aan haar behoort nie. Ek het aan die Weermag behoort. Inspeksie staan. Opleiding. Opleiding. Opleiding. Dril. Hardloop. Min slaap. Min eet. Min eie tyd. Geen tyd om te tob oor die lang meisie met die mooiste groen oë en koperhare wat altyd lekker ruik nie.

Toe ons die eerste keer pas gekry het, het ek haar nie gesien nie. Ek het hulle straat vermy. Op pas het die wêreld skielik stilgestaan. Toe is daar tyd om te tob en te dink, want buite die Weermag was die wêreld stadig.

Op die Grens het die koeëls teen die Kwê 120 se kajuit vasgeslaan en toe dit etsmerke aan die buitekant van die koeëlvaste ruite maak, het ek haar voor my gesien. Die Kwê wat ek bestuur het, se koppelaar was ʼn bliksem, maar toe trap ek hom soos ʼn veertjie weg. Bevele oor die radio. Chaos. “Kontak, kontak! Wag, uit!” Die skermutseling was gou verby.

Elke keer wat ons pas gekry het, het ek hulle straat en huis vermy.

Nou is ek terug hier op die stasie. Nou is die weermag agter my. Wat nou? Nou dink ek aan haar. Nou dink ek, ek moes haar gaan sien het toe ons pas gekry het.

Ek tel my goed op en loop om ʼn bus tot by die huis te kry.

Sy. Iemand kom aangeloop wat soos sy lyk. Dit is sy. Haar hare is korter en sy dra ʼn bril. Sy sê iets, maar dit is raserig in die stasiegebou en ek hoor nie mooi nie. Ek groet haar nie. Ek sê vir haar ek sal die bus kry. Ek vat my goed vas en loop. Ek wil wegkom van haar af. Ek wil by die huis kom, gemaklik aantrek en gaan drink. Dronk word.

Sy gryp my hand en trek my. Ek ruk weg. Ek vloek. Fok. Daar is skielik seer in haar oë. Ek loop saam met haar. Ek volg haar tot by ʼn klein karretjie. ʼn Rooi Daihatsu Charade. Sy vra of ek wil bestuur. Ek lag net. Ek sal seker die karretjie se koppelaar regdeur sy vloer trap. Ek gooi my goed op die agterste sitplek en klim in.

Ek steek ʼn sigaret aan. “Jy het begin rook,” sê sy en draai haar ruit af. Ek draai my ruit ook af en gooi die sigaret uit.

“Jy kan maar rook,” sê sy net. Ek steek weer ʼn sigaret aan.

“Ek en Pieter is nie meer saam nie,” sê sy asof sy oor die weer praat.

Pieter? Windgat rykgat Pieter?

Ek trek net my skouers op. “Pieter wie?”

“Maree,” sê sy en dit klink of haar stem kraak. “Dit was ʼn fout.”

ʼn Fout. En nou kom haal sy my by die stasie. Twee jaar later.

Ek sug net en trek aan my sigaret. Ek is vies. Ek dink aan haar saam met Windbol Pieter. Ek is lus en klim uit en loop huis toe. Roetemars deur die stad.

Sy draai af in ʼn stiller straat. “Ek is regtig jammer,” sê sy en begin huil. Ek wil aan haar vat en haar troos, maar ek hou my hard. Sy stop. “Jy moet my glo.”

“Ek glo jou,” sê ek, maar ek dink nie ek bedoel dit nie. “Regtig,” voeg ek vals by.

Sy laai my voor ons huis af. “Kom later na my toe. Ek wag vir jou,” sê sy toe ek al my goed uitgelaai het. Ek knik net en sy trek weg.

Chaos by die huis. Pa wat groet. Ma wat huil.

Uiteindelik stilte in my kamer. Die geraamde matriekafskeidsfoto is nog daar op my lessenaar. Ek in my swart pak met ʼn strikdas en sy in ʼn swart aandrok. Ek lyk vreemd vir myself in die foto. Sy lyk bekend in die foto. Ek ken haar met lang hare en liefde in haar oë.

Ek gaan badkamer toe. Terwyl ek pis, wonder ek of sy en Pieter-Doos seks gehad het. Voor ek Weermag toe is, het ons afgespreek om te wag tot ek terug is. Enige iets kon gebeur het na die afsêbrief, of selfs al voor die brief. Ek skud my piel af en spoel die toilet.

Daar is geen beter tyd as nou nie. Ek is in elk geval lus vir ʼn sigaret en Ma en Pa weet seker nog nie ek rook nie. Ek sê vir Ma ek gaan ʼn draai stap en loop na hulle huis toe terwyl ek rook.

Hulle huis lyk anders. Hulle geute is nou geel. Ek lui die klokkie. Die deur gaan byna onmiddellik oop. Sy het ʼn vleiende wit rokkie aan. Haar slanke bene is bruingebrand. Sy ruik vars en lekker, soos wat ek haar ken. Sy nooi my binne.

Ek gaan sit op die bank in die sitkamer. Sy bring vir my ʼn yskoue bier. Dit proe heerlik.

Ek weet nie wat om te sê nie. “Waar is jou ma-hulle?” vra ek.

“Dis net ek hier.”

“Het julle seks gehad?” vra ek en is dadelik spyt.

Sy skud net haar kop heen-en-weer en vroetel dan met haar vingers. Fok, dit was nou regtig ʼn kak vraag. Ek moes nie gevra het nie.

Sy snuif, haal dan ʼn sneesdoekie uit en blaas haar neus. “Al wat ek kan sê, is jammer.”

Stop jou kak, sê ek vir myself. Ek staan op en gaan sit langs haar, teenaan haar. Sy kyk vir my. Haar oë blink van die trane. Sy lyk hartseer en so mooi. Ek voel seer binne in my om haar so hartseer te sien. Ek draai my lyf na haar toe en hou haar vas. Fok die Weermag en fok vir Pieter en fok sommer alles.

Ek soen haar. Sy soen terug. My kop draai soos wat ons soen. “Ek het jou gemis,” sê ek toe ons asem skep.

Ons soen nog. Sy staan op en kom sit wydsbeen oor my bene. Die boonste knoop van haar rokkie het los gegaan. Haar vol borste in haar wit bra is hier voor my. Sy klim van my af en stroop haar rokkie van haar lyf af. Net met ʼn wit panty en ʼn wit bra aan kom sit sy weer op my. Ons soen en my hande vat deur haar panty aan haar boude. Ek het ʼn helse horing. Ek probeer regskuif want my horing druk seer teen my broek en teen haar.

Sy staan op en trek haar bra uit. Haar naakte borste is pragtig. Haar tepels is styf. Sy staan voor my en trek haar panty af. Tussen haar bene is ʼn digte bos rooi krulhare. Haar kaal lyf is op my en my hande orals op haar naakte kurwes. Ek trek my kortbroek se tou los en begin hom af te trek.

Sy help my en my hemp en broek vlieg eenkant toe. Ek pluk my onderbroek uit.

Sy gaan lê op die mat voor die TV met haar bene oop. “Ek het vir jou gewag,” sê sy. “Ek het regtig vir jou gewag.”

Ek gaan bo op haar, tussen haar bene. Ek wil insit. Ek wil die mooi kaal vrou onder my steek, maar ek haak vas. “Ek het nie ʼn kondoom nie,” sê ek.

“Dit maak nie saak nie,” sê sy. “Ek sal later apteek toe gaan.”

“Ek vroetel met my piel tussen haar bene. Sy is nat en glad. “Sit hom reg,” fluister ek vir haar en soen haar borste terwyl sy my piel regskuif onder by haar koekie.

Ek druk. My piel gaan stadig in. Ek druk nog. Sy byt op haar lip. “Wag eers,” sê sy. “Lig jou lyf op.”

Ek lig my onderlyf op en sy reik tussen haar bene, trek die lippe daar uitmekaar. Ek kyk na die nat pienk vlees tussen haar bene. “Gaan weer,” sê sy en hou haar koekie oopgevlek. Dit voel of ek gaan kom.

Ek gaan stadig in haar in, penetreer haar vlak, dan weer uit en dieper in, uit en dieper in. Stadig maak ek haar vagina oop.

Ek begin steek. Ek dwing myself om stadig te steek. Haar nat warmte vou styf om my. Haar kaal lyf voel sag en vroulik onder my.

Ek kom in haar. Ek hou my piel in haar en kom kloppend en snikkend. Ek kom haar vagina vol, beweeg nog ʼn paar kere en trek dan uit.

Ek klim van haar af en gaan lê langs haar. “Was dit seer?” vra ek.

“Lekker seer,” fluister sy en vat tussen haar bene. “Dit voel teer. Kyk hoe lyk dit.”

Sy maak haar bene weer oop en trek haar spleet oop. Daar is bloed tussen haar bene en wit smeersels kom.

“Dit lyk nie te erg nie,” sê ek net want ek weet nie wat om te sê nie.

“Daar is bloed ook,” sê sy.

“Ja.”

“Want ek het vir jou gewag.”

Het sy vir my gewag, of het sy net uitgemaak met Pieter voordat hulle gesteek het? En ek? Voel ek nog soos twee jaar gelede, of het ek net ʼn jagsheid tussen haar bene uitgesteek? Die jagsheid wat in die Bos ontwikkel het, in haar poesie ontlaai?

“Kyk vir my,” sê sy. Ek draai op my sy na haar toe. Ek kyk eers vir haar kaal borste en dan na haar oë.

“Die wildheid in jou oë is weg,” sê sy sag en sit haar hand op my bors. “Jou hart klop vinnig.”

Sy is reg my hart klop vinnig. Dit was die lekkerste lekker om my naakte piel in haar warm poesie in te druk. Ek is al weer jags. Ek wil haar diep penetreer, haar lank steek. Ek wil haar steek dat sy kom. Ek wil hoe weet hoe sy klink as sy kom. Ek weet ook nie waar haar ma-hulle is en wanneer hulle terugkom nie. Hulle moet nie ons kaal op die mat kry nie.

“Waar is jou ouers?”

Sy kry skielik lewe. “Winkels toe. Hulle kan enige oomblik terug wees.”

Sy spring regop en hardloop kaal in die gang af badkamer toe. Ek gryp al ons klere en hardloop agter haar aan. In die badkamer maak sy ʼn waslap nat en vee af tussen haar bene. Sy spoel die waslap uit en gee dit vir my aan. Ek vee my piel vinnig af, trek dan aan en gaan terug sitmaker toe.

Daar op die beige mat is ʼn kol waar sy haar maagdelikheid verloor het. Koue water. Gebruik koue water, sê ek vir myself en gaan kry die waslap by haar en maak hom baie nat.

Ek vee aan die kol. Dit lyk of die kol nie wil uitkom nie. Sy bring ʼn bottel en spuit iets op die kol. Ek vee weer. Heen-en-weer. Die kol raak baie ligter. Gaan spoel die waslap uit. Sy spuit nog uit die bottel. Vee hard. Die kol is weg, die mat is nat.

Sy het langs die kol op die mat gaan sit om dit te spuit. Sy staan op en haar boude is na my gedraai. Agter tussen haar boude is ʼn kol. Dit wys duidelik op haar wit rok.

ʼn Kar stop voor die huis. “Kol op jou rok, agter!” sê ek net en gaan sit op die bank. Ek kry my bier, sit gemaklik. My hart klop woes. Die voordeur gaan oop. Haar ma.

Ek groet die tannie. Sy kwetter baie. Sy sien die mat is nat. Ek jok vir haar. Ek sê vir haar ek het per ongeluk my bier daar gemors. Sy mor iets, en dan loop ek saam met haar om die matwasser te gaan haal.

Sy kom in die sitkamer in. Sy het ʼn geel kortbroek en ʼn wit T-hemp aan. Sy sê vir haar ma ons het sommer laf gedans en toe mors bier op haar rok en die mat en sy gaan nou haar rok in die wasmasjien sit.

Die matwasser los skuimstrepe op die mat en die tannie gaan maak die skuifdeur oop sodat die wind kan inkom.

Haar pa kom binne. Hy groet en vra honderde vrae. Ek en die oom rook en drink bier.

Heelwat later groet ek en sê ek moet seker huis toe gaan ook. Sy loop saam tot by die straat. “Kom ons gaan more na my oupa se plaas toe,” sê-vra sy en gee my ʼn piksoen op die wang. Haar ma is langs ons doenig by die posbus. Ek stem in.

Ek loop stadig huis toe. Ons naakte lywe was teen mekaar. Ek het tussen haar bene gesien. Ek het my piel in haar ingedruk en my semen in haar geskiet, maar ek wil nie haar naam hardop sê nie.

Terug by die huis gaan ek badkamer toe. Ek vryf oor my piel, trek die vel terug en vryf met my duim oor die pers kop. Ek ruik aan my vingers. Ek ruik die naai. Ek lig my piel op, trek hom boontoe. Aan die onderkant, naby my balsak, is nog van haar maagdelike bloed. Ek was dit nie af nie. Ek los dit so.

Ek dink aan haar kaal lyf, aan haar bos koekiehare en die vlesige lippe wat sy oopgetrek het. Haar vol borste en haar stywe tepels. Ek kry ʼn horing.

Ek kyk vir myself in die spieël. Die spieël se raam is oud. Daar is plekke waar die wit verf al afgedop het en ʼn paar roeskolle gevorm het. Dalk het ek geroes in die Bos.

Ek lyk vreemd. My oë is nat. “Lynette,” sê ek hardop vir die gesig in die spieël. “Haar naam is Lynette.”

Kan liefde roes? Kan geroeste liefde afgeskuur en oorgeverf word?

…word vervolg (Liefde Wat Geroes Het Deel 2)

Kategorië: Hygliteratuur

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.