Sexy Afrikaans

Lyfliteratuur Erotiese Stories Sexy Lywe Hygliteratuur

Kitaarles

Kitaarles

Ek wil leer kitaar speel. Die snare tokkel. AC/DC en Pink Floyd.

Ek het op die internet rondgesoek. YouTube video’s gekyk en nie veel wyser geword nie. Ek kort iemand om my te leer. Iemand fisies.

Maria. Ons was goeie vriende op skool en sy het musiekvakke gehad. Na skool het sy ook musiek gaan studeer. Sy is ook nie heeltemal ʼn vreemdeling nie. Ons was saam matriekafskeid toe en het gesoen. Die probleem is net, dit was meer as ʼn dekade gelede. Ons het nie meer kontak gehad nadat ons klaar studeer het nie.

Ek gaan soek haar op Facebook. Goeie genade, sy het ʼn pragtige vrou geword. Sy het nie meer die half deurmekaar kort donker hare en die lyfie wat onvleiend in ʼn skoolrok was nie. Sy het nou die pragtige kurwes van ʼn vrou, en haar lang blink hare vloei sag oor haar skouers. Ek kyk na nog foto’s. Sy is op die strand in ʼn bikini… Ek sluk. Ek wil leer kitaar speel en dit is nie nou tyd om jags te word nie.

Ek stuur vir haar ʼn vriendversoek.

ʼn Uur later het sy die versoek aanvaar. Wat nou? Pak die bul by die horings. Ek stuur vir haar ʼn boodskap en vra hoe dit gaan, en of sy nie dalk weet van iemand wat kitaarlesse gee nie.

Twee dae later antwoord sy eers. Sy gee klavier- en kitaarlesse. Perfek. Ek vra haar nommer sodat ons kan reël of sy tyd het want sy bly nou in Pretoria en ek is nog in Johannesburg. Sy wag weer twee dae voordat sy antwoord, maar ek weet sy is aktief op Facebook want sy hou van sommige van my inskrywings.

Sy stuur haar nommer. Ek skakel haar. Haar stem klink helder en vrolik, soos lank terug. Sy babbel baie en vra my uit, of ek al getroud is en kinders het. Sy was al deur ʼn huwelik en is al geskei. Dit is maar een van “daai dinge”. Ons spreek af dat ek Saterdagoggend na haar toe gaan.

______

Haar siersteenhuis is in ʼn boomryke gebied. Ek druk die knoppie van die interkom en die hek skuif oop. Ek trek in en parkeer voor ʼn dubbelgarage. ʼn Wit wollerige brakkie kom groet my en spring teen my op. Sy kom aangestap. ʼn Sexy lang swart rok wat los hang, maar ek kan nie help om haar kurwes te sien nie.

Ek wil haar met die hand groet, maar sy gee my ʼn drukkie en ʼn piksoen. Ek haal my kitaar uit die kar uit en volg haar in die huis in. Ek kan nie help om die beweging van haar boude en heupe onder haar rok waar te neem nie. Hou jou in, vermaan ek myself. Jy is hier om te leer kitaar speel. Ja, maar ʼn mooi vrou is darem maar mooi. Ek stry met myself in my gedagtes.

Sy draai nie doekies om nie. Ons kan sommer dadelik begin. Sy vat my na ʼn ruim kamer agter in die huis toe. Daar is verskeie musiekinstrumente. ʼn Klavier, kitare, ʼn viool…

Sy sê ons moet by die basics begin. Sy wys my hoe om die kitaar reg vas te hou, en waar my vingers moet wees.

Daar is seksuele spanning tussen ons. Ek kan dit aanvoel. Haar lyf is hier teen my. Haar borste druk teen my wanneer sy my weer wys waar om my vingers te sit. Haar gesig is naby aan my. Sy ruik so lekker. Ek is oorbewus van haar vroulike lyf en my aandag is nie by die kitaar nie.

Sy het op ʼn ronde stoeltjie oorkant my gaan sit. Haar rok het opgeskuif en haar sexy bene is hoog op sigbaar. Sy tokkel ʼn paar note op haar kitaar en sê vir my ek moet kyk. Dit lyk of die hals van haar rok ook gesak het, want ek sien ʼn groot deel van haar sonbruin borsgleufie. Ek skuif op my stoel rond.

Wonder bo wonder kry ek my aandag by die kitaar en Maria sê ek vorder darem. Daar is hoop. Sy gaan maak vir ons koffie en ek stap saam kombuis toe. Terwyl ons wag vir die ketel om te kook, babbel sy voort. Haar oogwimpers fladder en wanneer ek kookwater in die bekers gooi, gly haar hand sag en stadig oor myne.

Ons gaan drink weer ons koffie in die musiekkamer. Ons praat oor die skool en lag en gesels asof daar nie dekade tussen ons is nie.

Ek was nie verkeerd oor die seksuele spanning tussen ons nie.

Haar lippe is sag en gulsig. Ons soen asof ons uitgehonger is. Ek gee  nie om dat sy voel hoe styf is ek wanneer ons in mekaar se arms vry nie. Ek gaan sit op die ronde stoeltjie en sy staan tussen my bene. Haar sagte hare val oor haar gesig en bedek ons terwyl ons soen.

My hande vryf oor haar rug, al laer tot by die bokant van haar boude. Sy trek my T-hemp oor my kop, vryf en soen oor my borskas. Ek vat deur haar rok aan haar boude, vryf oor haar kurwes, voel oor die riffies van haar panty.

Sy trek haar rok oor haar kop en dit val op die vloer. Sy het sexy swart onderklere aan. Haar borste is vol en vul haar swart bra. Sy vroetel die boonste knoop van my denim los en trek my broek af.

My stywe piel peul by die bokant van my onderbroek uit. Ek gaan sit op die stoeltjie met my bene toe en sy kom staan wydsbeen oor my. Ons soen weer en my vingers vroetel agter met haar bra se gespe. Ek kry haar bra los en haal dit af. Haar naakte vroulike borste is hemels pragtig. Ek vryf oor haar borste en dan druk sy haar kaal bolyf teen myne. Haar tepels is hard en ek voel hoe haar vroulikheid teen my ontblote borskas druk.

Haar hand gaan en sy trek my onderbroek weg. Die rek van my onderbroek is te styf. Ons staan op en sy pluk my onderbroek af tot by my voete. Sy kom sit weer wydsbeen oor my. Ek druk my hande onder haar swart broekie in en vat aan haar kaal boude. Ek speel met my vingers deur haar boudgleufie. Sy wikkel haar onderlyf op myne en my piel skuur grof teen haar broekie tussen haar bene.

Sy staan vinnig regop en laat val haar broekie oor haar knieë. Ek kyk vir haar terwyl sy voor my staan. Sy is nat tussen haar bene. Bokant haar skaamspleet is ʼn dun strepie hare.

Sy kom sit weer op my. My piel druk teen die sagte natheid van haar vulva. Sy wikkel haar heupe. My piel gaan tussen haar skaamlippe in. Terwyl ons innig soen, vryf ek oor haar kaal boude.

Sy vat my piel met haar hand en sit hom reg tussen haar bene. Sy is vreeslik nat en sy sak af oor my piel. Ek gaan in haar gladde nat vagina in. Ek dink nie eers aan kondome nie.

Ek voel met my vingers om haar kaal boude hoe ek in haar sagte vroulikheid ingaan. Sy wikkel haar heupe vinnig. Sy ry my piel diep terwyl ek op die stoeltjie sit. Sy leun met haar bolyf teen my borskas om haar balans te hou en haar kaal borste skuur teen my.

Sy gooi haar kop na links en maak haar slanke nek oop vir my. Ek soen haar ontblote nek gretig en sy begin snik en kreun. Haar asem jaag. Sy wikkel haar heupe nog vinniger en dan kom sy. Sy hyg en snik en sak heeltemal af oor my piel.

Ek kan nie meer hou nie. Ek gryp haar boude styf vas en dan kom ek in haar. Ek klop my saad diep in haar poesie in.

Haar oë is tranerig en daar is ʼn ligrooi blos op haar wange. Sy klim nie dadelik af nie maar ons bly net so en ek vryf saggies oor haar rug en boude terwyl ons soen. Sy streel met haar haar vingers oor my borskas en dan staan sy op.

Ek voel hoe die kom uit haar drup en op my val. Warm taai druppels. Sy staan voor my. In die binnewaai van haar bene is dit nat en kom drup teen haar af.

Nie een van ons sê ʼn woord nie. Sy vat my hand en lei my na die badkamer toe. Sy maak ʼn waslap nat met louwarm water en gee dit vir my aan. Ons soen weer en ek vee my piel skoon. Ek gee die waslap vir haar terug. Sy spoel dit uit en vee haarself dan af tussen haar bene. Spoel en vee weer. Ek het vreeslik baie in haar gekom.

“Ons is albei grootmense,” sê sy net en dan gaan ons terug na die musiekkamer toe. Ek kyk vir haar kaal boude terwyl sy voor my loop. Ons trek weer ons klere aan. Sy gooi haar rok oor haar kop sonder om haar onderklere aan te trek.

“Reg, sê sy. Nou is ons aandag by die kitaar. Kom ons begin weer.”

Die res van die les verloop vlot. Toe ons klaar is en dit weer vir my tyd is om te vertrek, vra ek haar hoeveel geld ek haar skuld. Sy lag net en sê as ek kan haar later vir ete vat.

By die kar soen ons eers weer voordat ek inklim. Eers waar die hoofweg verby Bryanston se omgewing loop het my horing weer gesak.

Ek voel effens skuldig. Ek het nie een keer vandag aan Soekie gedink nie.

Laat in die aand stuur sy vir my ‘n boodskap. Sy sê sy weet van Soekie, maar die seks was nie oor sy my jammer gekry het nie. Sy was baie lus vir my.

Ek stuur vir haar ‘n hartjie.

Wag, shit, fok!

‘n Hartjie? Nee fok ek het nie gedink nie. Nie aan haar nie. Ek het aan Soekie gedink. Ek sou vir Soekie ‘n hartjie gestuur het. Delete die ding gou vinnig.

Sy het dit klaar gelees. te laat. Ek los die hartjie daar op die skerm.

Sy stuur ‘n hartjie terug en sê sy hoop ons sien mekaar gou weer.

Fok. Ek sal my gedagtes agtermekaar moet kry.

As sy geweet het, hoekom het sy dan gevra of ek getroud is en al kinders het?

My hart behoort aan Soekie. Dit was net my lyf wat vandag oorgegee het aan Maria. Jagsheid. Hormone. Ek gaan slaap vroeg.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.