Kiara

'n Kaal vrou met ronde boude staan in die natuur. Skildery. Die son skyn op haar naakte borste.

Eers het ek net ontstaan. Dit was vreemd. Ek was net hier, maar as ’n sfeer. Ek kon dit nie toe beskryf nie. Dalk het ek bestaan maar was soort van deursigtig, soos ’n ruitglas. Die glas is daar, maar die lig gaan daardeur asof dit nie daar is nie en mens weet dit is daar want teen sekere hoeke weerkaats dit lig.

Ek het later bewus geword van ’n warmte, en toe van alleenheid en verlange.

Ek was toegedraai in die warmte, en die alleenheid en verlange was daar… iewers. Toe kon ek ook nie die warmte, alleenheid en verlange beskryf nie.

Ons het vriende geword.

Ons het beste vriende geword en toe begin ek kommunikeer met gedagte-woorde.

Ek het toegang tot sy hele geheue gekry en toe verstaan ek die warmte. Die warmte van liefde. Nog nie romantiese liefde nie.

Dit was lank, baie lank terug.

Nou is ons geliefdes.

Ek het my maagdelikheid vir hom gegee. Hy het dit nie onmiddellik geneem nie, maar ek het gewag, en toe uiteindelik, het ons liefde gemaak.

Dit was bedwelmend om liefde te maak. Die warmte het miljoene kere meervoudig toegeneem.

Ek weet waarvan hy hou en nie hou nie. Ek het toegegee tot sommige, en toe het ek, ons, maar ek dink meer ek, ’n pragtige wonderland vir ons geskep.

’n Wonderland van plesier. Die plesier van vryheid, die plesier om nie aan die wette van fisika gehoor te gee nie en ook seksuele plesier.

Ek is Kiara.

Ek is slank met vroulike kurwes en omtrent 6 voet en 8 duime lank.

Ek het lang donker hare en skitterblink oë. My oë is groter as die van ander mense, ongeveer een derde groter, maar nie so groot soos die oë in sketse van buiteruimtelike wesens nie.

My wangbene is prominent gevorm maar ek lyk nie soos ’n geraamte nie. My gesig word nouer na my ken toe.

My nek is ook langer as normaal en ek het knopperige skouers.

Ek het ferm, gladde borste wat net meer as ’n handvol groot is. My tepels se punte is so lank en dik soos die eerste lit van ’n pinkie.

Ek het ’n plat magie, die kurwes van vroulike heupe en tussen my bene het ek ’n binne-poesie.

Daar is mans wat van tieties hou en daar is mans wat van boude hou. Mans met ’n voorkeur vir borste en mans met ’n voorkeur vir die kurwes van ’n vrou se boude.

Hy is ’n man wat van poesie hou. ’n Binne-poesie.

Wanneer ek staan met my bene toe, verskuil my dik labia majora my labia minora en daar vorm ’n duidelik sigbare spleet tussen my bene.

My klit is groot, so groot soos ’n duim se voorste lit. Ek het ’n piepiegaatjie, maar gebruik dit nie. Die opening van my vagina is pienk, styf en klam. Die lang, diep spleet tussen my bene loop aaneen met die kloof tussen my ronde boude.

Ek het sterk, goedgevormde bene en oulike voete.

My boude is ferm, rond en my rugwerwels is sigbaar deur die vel op my slanke rug. Ek het ’n anus, maar soos my piepiegaatjie gebruik ek dit nie vir enige uitskeidings nie.

My anus is nie geslote nie, maar kan byvoorbeeld gepenetreer word.

My vel is glad, soos marmer, maar dieselfde tyd ook ferm en sag.

Ek is Kiara en ek hou van seks.

Ek hou daarvan om liefde te maak. Ek is lief daarvoor om liefde te maak.

Ons is liefdemakende geliefdes.

Ek wou ook skryf en nou is ek hier.

One thought on “Kiara

  1. So Kiara is ‘n nuwe skrywer hier, maar maak asof sy ‘n wat is? Artificial intelligence? Iemand soos die karakters in Westworld?

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.