Sexy Afrikaans

Lyfliteratuur Erotiese Stories Sexy Lywe Hygliteratuur

Die Prins met die Klein Penis

Die Prins met die Klein Penis

Prins Egbert gaan staan voor die spieël en trek sy broek af. Hy lig sy hemp op en bekyk dan die beeld van sy penis. Hy sug. Sy penis is skaars sigbaar tussen die welige bos hare tussen sy bene. Dit is duidelik dat die room wat hy by die Reisende Handelaar gekoop het, glad nie werk nie. Die Handelaar het hom verkul uit drie goue muntstukke uit. Hy trek sy broek op, neem dan die kleipot met die room en gooi woedend die spieël stukkend daarmee.

Vir ses maande lank het hy elke oggend en elke aand die room aan sy penis gesmeer. Die handelaar het hom belowe dit sal sy penis vergroot. Die Prins se stewels knars oor die glasstukke soos wat hy op en af loop in sy kamer en dink aan ʼn manier om wraak te neem. Hy besluit om die wagte te beveel om die handelaar onmiddellik in hegtenis laat neem sodra iemand hom gewaar, dan die handelaar se tong uit te sny en dan sal hy wat die prins is ʼn bevel uitreik dat die handelaar ontman word.

Die prins het al reeds een van die diensknegte uit die koninkryk verban. Een laatmiddag het die prins besluit om die diensmeisies af te loer waar hulle in die rivier bad. Hy het nader gesluip en agter ʼn struik stelling ingeneem. Hy het in stilte gekyk hoe ses diensmeisies hulle klere uittrek en hulle naakte lywe in die rivier was. Die diensmeisies het gelag en mekaar met water gespat. Hulle het mekaar se lywe gewas en die prins het wellustig na hulle kaal borste en die digte bossies hare tussen hulle bene gekyk. Hy het deur sy broek oor die klein styfheid tussen sy bene gevryf en gewonder hoe dit sal voel om aan hulle kaal boude te vat.

Vyf van die diensmeisies het weer hulle klere aangetrek en terug na die kasteel toe gegaan, maar die een met die groot borste en volronde boude, Madeleine, het agter gebly.

Na ʼn ruk het Mario, wat in die stalle werk, na Madeleine toe geloop. Hy het sy arms om die naakte Madeleine gevou en hulle het gesoen voordat Madeleine Mario se broek afgetrek het. Die prins se oë het gerek. Mario se penis was nog nie eers styf nie, maar hy was groot.

Madeleine het op haar knieë op die gras gaan staan en Mario se groot penis in haar mond geneem. Die prins het aandagtig gekyk hoe Madeleine sy voorvel terugtrek en oor die groot ontblote pers kop lek. Mario het styf geword en sy enorme penis het Madeleine laat stik toe hy sy penis diep in haar mond in druk. Hulle het op die gras gaan lê en Madeleine se kaal boude het na die prins toe gewys.

Die prins het gekyk hoe Madeleine wydsbeen bo-op Mario gaan sit het, en hoe Mario se groot penis haar pienk poesie oopgemaak het en haar diep penetreer het. Madeleine het oor Mario se stywe skag afgesak en Mario se hande het oor haar boude gevryf.

Haat het die prins gevul toe hy sien hoe Madeleine haar heupe op en af wikkel en Mario se penis diep in en uit haar vagina gaan. Madeleine het gegil van plesier en toe klop Mario se penis saad uit binne in haar nat poesie.

Madeleine en Mario het opgestaan en laggend terug na die kasteel toe geloop terwyl hulle hande vashou. Die prins het op sy knieë agter die struik sy broek losgemaak en toe met sy handpalm oor sy stywe pieletjie gevryf totdat daar taai spatsels in sy handpalm was. Terug by die kasteel het hy Mario daarvan beskuldig dat hy die perde verwaarloos het en hom uit die koninkryk verban.

Prins Egbert maak die deur oop en beveel ʼn wag om onmiddellik die glasstukke op te vee en die spieël te vervang. Daarna haas hy hom na die stalle toe en skree op Mario se plaasvervanger om onmiddellik sy perd gereed te kry.

Die prins ry sy perd die deur die drif in die rivier en dan jaag hy die woud in. Hy sal later met die handelaar afreken, maar nou gaan hy na die heks toe wat diep in die woud bly. Hy weet dit is verbode vir enige iemand om die heks te besoek, maar hy het besluit hy kan nie anders nie. As die heks nie sy penis kan vergroot nie, gaan hy haar onthoof. Dalk moet hy haar in elke geval onthoof sodra sy met haar toorkrag sy penis vergroot het. Hy wil nie kans vat dat sy vir enige iemand ooit vertel van sy klein penis nie. Vir die handelaar het hy vertel hy kry een van die knegte met ʼn klein penis jammer, maar dalk wil die heks aan sy penis raak om dit te vergroot.

Toe die prins die heks se blyplek nader, trek hy sy perd in. Dit is doodstil in die woud. Sy perd runnik senuweeagtig en dan sien die prins die skedel wat teen ʼn krans uit klip gekap is. Die heks bly daarbinne.

In een van die klipskedel se oogholtes brand ʼn kers en dan… die prins knip sy oë. Daar voor die skedel staan ʼn beeldskone kaal vrou.

Die kaal vrou draai na die prins toe en die prins kyk na die dun strepie tussen haar bene. Sy is glad geskeer. Dit voel vir die prins asof hy droom. Hy klim van sy perd af en volg die vrou na binne. Hy let op die verleidelike swaai van haar heupe en die beweging van haar kaal boude. Hy dink daaraan om terug te gaan, op sy perd te klim en weg te jaag, want iets onheilspellend laat sy vel kriewel, maar hy kan nie.

Binne in die klipskedel skedel praat die kaal vrou vir die eerste keer.

“Welkom, U Hoogheid, sit asseblief dat ek vir u tee kan maak. U moet moeg wees na die rit so diep in die woud in.”

Die prins knik en gaan sit op ʼn ruwe houtstoel by ʼn groot tafel. Hy skud sy kop. Dit voel asof hy sweef.

“Waarom is jy kaal?” kry hy uiteindelik woorde uit.

“Hier kom nooit besoekers nie. Ek leef in die natuur, wat my enigste geselskap is,” sê die vrou en buk om ʼn bondel hout op te tel en dan plaas sy dit in die kaggel. Sy staan gebukkend voor die kaggel en blaas dan oor die kole sodat die hout kan vlamvat. Die prins kyk reguit in haar ontblote boude vas. Hy sien die styftoegetrekte knopie en daaronder die vlesige lippe van haar skaamdeel.

“Wie is jy?” vra die prins met ʼn skor stem.

“Ek is Mathilda, U Hoogheid. Mathilda van die Woud.”

“Ek is op soek na die heks.”

“Ek is die enigste persoon hier, U Hoogheid. Tee?”

Mathilda wag nie vir die prins om te antwoord nie en haal twee kleibekers van ʼn houtrak af. Sy vul ʼn pot met water en hang dit oor die vuur. Uit ʼn klein bolvormige grasmandjie skep sy ʼn handvol fyn blare en gooi dit in die pot in.

“Maak my naaktheid u ongemaklik,” vra sy vir die prins en gaan staan voor hom oorkant die tafel. Sy vou haar hande oor mekaar en bedek die skaamspleet tussen haar bene.

“Ek benodig toorkrag,” sê die prins net saaklik en kyk vir haar borste.

Mathilda draai om en gebruik ʼn leerlap om die pot van die vuur af te haal. Sy vul die twee kleibekers versigtig en sit dan een beker voor die prins neer. Sy gaan sit op ʼn stoel oorkant die prins. Haar borste raak amper aan die tafel.

“Ek is hier om u te dien,” sê sy terwyl sy af kyk.

“Kan jy iets groter maak?”

“Ek kan, U Hoogheid,” se Mathilda.

Die prins vat ʼn sluk van sy tee. Dit is soet en lekker. Hy het nog nooit so iets geproe nie. Mathilda blaas saggies oor haar beker en vat dan ook ʼn klein slukkie.

Die prins voel glad nie meer ongemaklik of woedend nie. “Ek wil hê jy moet my penis vergroot,” sê hy.

“Dit kan ek doen, U Hoogheid, maar…”

“Maar wat?”

“Maar ek sal sekerlik eers moet sien hoe groot u penis nou is,” sê Mathilda en staan op. “Kom staan nader aan die lig, U Hoogheid.”

Die prins staan op en loop tot langs Mathilda.

“Ek kan nie deur u broek sien nie,” sê Mathilda.

Die prins maak sy broek los en trek dit af. Hy draai sy onderlyf na die lig van die kaggelvuur toe.

Mathilda gaan staan skuins langs hom haar knieë en betrag sy penis van naderby. Met haar vingers kam sy die skaamhare weg om sy orgaan te ontbloot. “Grootte tydens ʼn ereksie is ook van belang,” sê sy en dan streel sy sagkens met haar naels oor sy balsak. Die prins se testes is normale grootte en in die lig van die vuur sien sy hoe die velsak krimp van haar aanraking. Die penis word hard en kom te voorskyn tussen die hare.

“Hoe groot moet ek u penis maak, U Hoogheid,” vra Mathilda en kom regop.

“So groot,” sê die prins en dui met sy twee voorvingers die lengte aan. “En dan so dik,” dui hy aan met sy duim en wysvinger.

“Dit kan ek doen, U Hoogheid,” sê Mathilda.

“Nou maar doen dit!” beveel die prins ongeduldig.

“Daar is net een ding, U Hoogheid.”

“Wat?”

“Sodra ek u penis vergroot het, sal u seks moet hê met die eerste maagd wat u teëkom, anders sal u groot penis net vir een dag groot bly en dan weer wegkrimp, vir altyd.”

“Ek sal een van die diensmaagde beveel…”

“Ek is nog ʼn maagd, U Hoogheid. Sodra u penis groter is, is ek die eerste maagd in u teenwoordigheid. U sal moet my moet seks hê.”

Die prins betrag Mathilda se naakte skoonheid. “Sal jy dit doen?” vra hy.

“Natuurlik, U Hoogheid, dit sal ʼn eer vir my wees.”

Die prins is jags. “Nou maar doen dit dan!”

Mathilda trek ʼn groot swartpot onder ʼn rak uit en skuif dit nader na die vuur toe. “Help my om die pot op die vuur te kry, U Hoogheid,” sê Mathilda.

Die prins trek sy broek op en stamp dan vir Mathilda eenkant toe. Hy vat die swaar pot vas en die are bult in sy nek toe hy dit optel en op die vuur plaas.

“U moet solank ontklee,” sê Mathilda net en begin dan die pot met water te vul. Terwyl die prins al sy klere uittrek, gooi sy verskeie middels in die pot in. Verskillende kleure rook styg uit die pot uit en dan sit Mathilda haar hand op die prins se penis. Sy prewel iets.

Die prins voel hoe sy penis groei. Hy kyk af. Mathilda het sy nuwe dik en lang penis in haar hand.

“Nou moet ons seks hê, U Hoogheid,” sê sy en begin die prins se draad te trek.

Die prins kry ʼn ereksie en sy groot penis word styf met bultende are. “Vat hom eers in jou mond,” kreun die prins.

Mathilda begin by die prins se testes en lek hulle eers liggies voordat sy haar nat tong oor die onderkant van sy stywe penis trek. Sy vou haar lippe oor die penis se kop en neem hom in haar mond in.

Sy beweeg haar kop op-en-af en haar lippe gly oor die prins se penis. Die prins se lus kry die oorhand en hy trek sy piel uit haar mond uit.

“Dit is tyd om jou maagdevlies te breek,” sê hy. “Gaan lê op die tafel en maak jou bene oop.”

Mathilda maak soos die prins sê en maak haar bene wyd oop. Die prins kyk reg in haar skaamlippe vas. Mathilda sit haar hande tussen haar bene en trek haar skaamlippe oop.

In die gloed van die vuur sien die prins hoe sy haar pienk natheid vir hom oopvou en dan sit hy die kop van sy penis by die opening van haar vagina. Effens onbeholpe druk hy in. Haar poesie is styf en hy sien sy byt op haar onderlip. Die gretigheid in hom brand warm en hy stoot sy penis hard in haar vagina in. Mathilda los ʼn kreet en die prins druk nog in. Hy kyk hoe sy harde groot piel in haar pienk poesie in wegsink.

Hy begin haar te naai. Al dieper en dieper. Sy piel word nog stywer soos wat haar stywe poesie om sy skag vou. Hy naai vinniger en vinniger. Dit is baie, baie lekkerder as toe hy homself met sy handpalm gevryf het.

Die orgasme spoel oor hom. Hy stamp so diep soos wat hy kan in Mathilda in en die semen spuit rukkend diep in haar poesie in. Hy naai nog met kort bewegings tot sy pielkop te sensitief is en dan trek hy sy piel uit haar uit.

Dik taai semen drup stadig saam met ʼn dun straaltjie bloed uit haar poesie uit.

Nou is my penis finaal groot, dink die prins. Dit is tyd om van hierdie heks ontslae te raak.

Mathilda staan op. Die semen drup teen haar bene af. Die prins het vreeslik baie saad gestort. “Dankie, U Hoogheid,” sê sy sag. “Nou is daar net ʼn laaste ding wat u moet onthou.”

Die prins het na sy klere toe geloop en sy hand op die hef van sy waard gehad. “En wat is dit?”

“Die eerste maagd met wie u seks gehad het, moet leef vir ten minste ʼn jaar nadat u haar ontmaagd het.”

“Waarom het jy nie dit aan die begin gesê nie jou heks?” skree die prins op haar.

“Ek het woede in u gesien toe u hier aangekom het, U Hoogheid. Ek het moord in u oë gesien.”

“Wat gaan gebeur as ek jou nou onthoof?” sis die prins woedend en trek sy swaard uit.

“Indien u my enige leed aandoen, sal u penis afval,” sê Mathilda en vee tussen haar bene met ʼn lap.

“Jy lieg!”

“Daar is net een manier om uit te vind, U Hoogheid,” sê Mathilda en draai haar kop skuins sodat haar nek heeltemal ontbloot is. “Kap my kop af.”

Die prins stamp met sy voet op die vloer, trek dan sy klere aan en toe Mathilda die perd hoor wegjaag met die prins op sy rug, gooi sy die lap waarmee sy haar poesie afgevee het, in die vuur.

“Daar is nog een laaste ding,” fluister Mathilda. “U eersgeborene sal eendag koning word. Ek het my maagdevlies met toorkrag herstel en u vrugbare saad is nou binne-in my. Al wat tel is waar u eerste u saad gestort het.”

ʼn Kraai kom sit op Mathilda se skouer en haar skril lag weergalm deur die woud. Die toorkrag het begin toe sy haarself in ʼn handelaar verander het en die tower-room aan die prins verkoop het. Nou is dit voltooi.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.