Die reënprinses

Jamaha vee die sand onder ’n doringboom met haar voete wat deur leersandale beskerm word, kyk dan mooi dat daar nie ’n doring orent staan nie en gaan sit in die skaduwee. Die wind slaap en die son is kwaad en wawyd wakker. Sy haal die kledingstuk wat haar bolyf bedek af. Daar is klein sweetdruppeltjies op haar ontblote borste. Sweet is water wat verlore gaan. Die son is dors en vat alle vog.

Om haar heupe is net ’n dun gebreide vel om haar skaamheid te bedek. Sy verskuif en trek die vel op en sit met haar bene wyd uitmekaar sodat elke deel van haar liggaam kan afkoel. Sy voel die natuur roep haar om te pie, maar sy hou dit.

As sy net die gezoem van ’n heuningby kan hoor, kan sy dit volg en dalk so water vind. Net een slukkie of net genoeg om haar lippe nat te maak. Een vingerpunt heuning sal ook baie heerlik wees.

Daar is al kleintjies wat begin loop en dit het nie gereën tydens hulle lewens nie. Die reën bly net weg. Die knolle en wortels is alles al bymekaargemaak en die wild is weg of daar is net bleek geraamtes oor.

Jamaha kan nie lank sit nie. Sy is ver van die nedersetting af en moet iets om te eet vir haar ma kry. ’n Enkele knol of dalk ’n voëleier. Sy is nog ’n maagd en het nie ’n man nie. Dit is net sy en haar ma. Die mense kyk lankal nie meer na mekaar nie. Dit is elke familie op hulle eie. In die skede om haar heup het sy net ’n dolk. Haar spies is lank terug gedurende die nag gesteel.

Sy staan op en draai die bostuk ook om haar heupe. Sy loop kaal bolyf verder. Daar voor is die kranse. Daar is dalk ’n voëlnes met ’n eier of twee. Die ander mense het nog nie by die kranse gesoek nie. Hulle sê daar is dan nie eers meer voëls in die lug nie so daar is niks by die kranse nie. Dit is ook die rede hoekom sy na die kranse toe gaan. Daar is dalk niks nie, maar dit help nie om te soek waar die ander reeds alles kaalgestroop het nie.

Sy loop versigtig tussendeur groot gate wat lank terug poele water was wat gevorm het toe die rivier nog sterk gestroom het in die somer.

Die weerkaatsing van klippies in die gate laat haar stop. Sy spoeg die bruin klippie in haar mond uit en tel dan een van die skitterklippies op. Daar is baie in die gate. Sy grawe met haar vingers deur die los droë sand, kies een so groot soos haar duim se punt en sit dit in haar mond. Die klippie is glad in haar mond. Sy maak nog klippies bymekaar en vou dit toe in haar bostuk. Dalk kan sy dit later aanbied aan die ma’s met kleuters as speelgoed in ruil vir iets om te eet.

Die skitterblink klippies noem die mense reënklippies. Sy dra ’n groot een, so groot soos ’n duifeier om haar nek. Haar ma sê toe sy gebore is, het dit vreeslik gereën en daarom is sy die reënprinses.

“Reënprinses,” sê Jamaha hardop vir die kranse. “Ek is die reënprinses!”

Wel, besluit sy, as ek dan die reënprinses is, dan maak ek maar reënklippies bymekaar terwyl daar niks anders is nie. Sy vou haar bostuk weer oop en maak die twee holtes waarin haar borste pas as sy dit dra, vol reënklippies, vou dit toe en bind dit met die riempie wat gewoonlik agter om haar rug gaan vas.

Sy moet pie. Sy sak op haar hurke neer, hou die voorkant van haar lendekleed weg en maak haar blaas leeg. Haar pie ruik sterk en sy weet dit is omdat sy nie genoeg water inkry nie. Sy voel swak en gaan sit in die skaduwee van ’n oorhangende rots.

Die roep van die arend weergalm tussen die kranse deur. Sy staan op en kyk. Daar bo, halfpad teen die berg op, sien sy die roofvoël. Daar kan ’n eier wees! Sy los haar bostuk met die reënklippies waar sy gesit het en begin die rotsagtige steilte uit te klim.

Haar mond voel soos boombas toe sy naby aan die nes is. Sy druk haar lyf teen die roste en voel die warm klip teen haar naakte borste. Dit brand haar. Sy skuif weg en kyk rond. Sy moet baie versigtig wees. ’n Arend kan mens lelik seermaak as mens ’n eier probeer steel.

Sy bereik die nes en kyk binne-in. Niks nie. Geen eier nie. Teleurstelling spoel oor haar.

“Wat doen jy hier?” hoor sy ’n diep stem. Sy vries en kyk dan stadig om. Agter haar op ’n rotsplatform sit ’n man. Sy skrik. Sy hou haar arm oor haar borste.

“Ek, ek, ek…” stamel sy.

“Wou jy ’n eier steel?” vra die man.

Jamaha kyk vir die man wat doodluiters kaal sit. Hy het nie ’n draad klere aan nie. Sy linkerbeen is opgelig en hy sit met sy rug teen die rotswand.

“My ma is honger. Ons het niks nie,” sê sy sag en skuif gemakliker. “Wie is jy en wat doen jy hier?”

“Ek is Lamikga en ek het die laaste eier klaar gevat.”

Jamaha sug net en lê met haar kop terug teen die rots.

“Gee vir my die reënklippie in jou mond en jy kan die eier kry,” sê die man en wys vir Jamaha die eier.

Jamaha spoeg die klippie in haar hand uit en hou dit vir die man uit.

“Nee,” sê Lamikga. “Gee vir my die klippie met jou mond aan.”

Jamaha rol haar oë, maar sit die klippie terug in haar mond en leun oor na Lamikga toe. Hy sit sy lippe op haar mond. Sy maak haar oë toe en stoot die klippie stadig in sy mond in met haar tong.

Sy maak haar oë oop. Niemand nie. Die klippie het net op die rotsvloer uit haar mond uit geval. Die arend sit en skree langs die nes.

Met ’n swaar gemoed klim Jamaha teen die kranse af. Sy tel haar bostuk op waar sy dit neergesit het. Dit is swaar van die reënklippies. Die son is besig om onder te gaan.

Sy gaan lê op haar sy op die sand en wag vir die donkerte.

“Ek is die reënprinses!” skree sy in die donker in en kom regop.

In die sterrelig begin sy dans. Sy pluk haar lendekleed af en naak begin sy haar lyf te beweeg. Sy voel die koeler naglug op haar kaal lyf.

Sy buk vooroor en maak die rempie van die bostuk los. Sy skep ’n handvol klippies uit en gooi dit in die lug op dat dit oor haar val. Sy swaai haar heupe, wikkel haar borste met vinnige bewegings van haar bolyf en spring op haar tone op en af sodat haar kaal boude ook saam dans.

Sy buk en tel die reënklippies weer op en gooi dit in die lug op. Die klippies skitter in die sterrelig en val oor haar.

Sy dans op die dorre sand. Dans en gooi die klippies. Swaai haar lyf. Sy vryf oor haar borste. Sy vryf oor haar boude en swaai haar lyf. Sy vryf deur die hare tussen haar bene.

Sy lê agteroor soos sy dans en bied haar borste vir die hemele aan. Sy draai om en buk vooroor en bied haar boude aan. Sy gooi haar arms in die lug, spring en dans.

“Ek is die reënprinses!” skree sy vir die rotse en dans. “Ek is die reënprinses en ek bied myself vir die reëngod aan!”

Sy swaai haar heupe ritmies. “Ek bied my maagdelikheid vir die reëngod aan!”

Sy sien ’n visie van die bergman, van Lamikga, voor haar. Sy voel duiselig. Sy dans vir Lamikga. Sy swaai haar heupe en tuit haar lippe vir hom. Sy wikkel haar boude vir hom.

Sy soen vir Lamikga. Laat hom toe om oor haar kaal lyf te streel. Vat tussen sy bene. Vryf haar borste teen sy lyf. Sy hande op haar boude.

Lamikga is styf. Sy streel sy styfheid, dans stadiger en omhels vir Lamikga. Sy gaan lê op die sand en maak haar bene oop. Sy offer haarself.

Lamikga breek haar skulpie oop. Vul haar.

Sy hoor hoe woes Lamikga se hart klop. Donderend. Sy hart klop en haar asem jaag soos ’n stormwind.

Hulle lywe teen mekaar. Hy binne in haar en sy onder die koelte van sy lyf.

Binne in haar bou ’n storm op. Lamikga se asem jaag, en die water stort oor hulle kaal lywe neer wanneer sy vir die eerste keer in haar lewe ’n orgasme bereik en dit uitgil teen die wind.

Hy kom in haar. Hy vul haar vroulikheid, maak haar vol en sy loop oor. Sy lyf sidder en bewe. Blitse klap om hulle.

Die water loop oor haar, is besig om haar weg te spoel en sy draai haar kop na die hemele, laat die water haar mond vul. Sy sluk en gryp dan haar goed en klim teen die gladde nat kranse uit want die water is ’n bruisende skuimende monster wat die gate van die reënklippies laat oorstroom en bulderend die rivierloop vul.

Die volgende oggend beur sy deur die vinnig-lopende rivier. Sy gooi die handevol reënklippies wat oor is uit haar bostuk in die water in, trek dit weer aan en loop oor die nat aarde terug na die nedersetting toe.

Wanneer dit weer droog word en die aarde kraak,  sal sy weer reënklippies kry en kaal dans vir die reëngod.