Sexy Afrikaans

Lyfliteratuur Erotiese Stories Sexy Lywe Hygliteratuur

Die Pil in die Berge

Die Pil in die Berge

Vanoggend was dit mooiweer. Snerpend koud, ja, en die wind het ons getref soos naalde en ons gesigte rooi gemaak en ons oë laat traan, maar nou is die weer bedonnerd. ʼn Man sê mos nie hardop as jy verdwaal het nie. Jy tuur net in die verte in, knik jou kop en stap verder.

Soekie, die langbeen donkerkop sit verkluimend teen ʼn klip en rus. Ek haal ʼn seiltjie uit en buk onder dit. Druk dit vas met my knieë en elmboë. Die klein gasstofie maak ek staan op ʼn nat plat klip. My aansteker wil nie ʼn vlam gee nie. Net ʼn vonk is al wat ek kort. Ek druk die aansteker onder my reënjas en onder my baadjie in en vryf die wieletjie oor my hemp. Probeer weer. Draai die gasstofie oop, ʼn vonkie spat uit die aansteker en die stofie is aan. Ek sit die potjie vol water op die stofie en gooi die klonterige soppoeier daarin. Vervlaks, my lepel is iewers waar ek nie weet waar nie. Ek lek my vinger skoon en roer dan die soppoeier in die water in terwyl dit nog koud is, en swaai die potjie se deksel toe. Bly so gebukkend staan om die stofie se vlammetjie te beskerm totdat die sop skuimend onder deksel uitkook. Maak die stofie se gas toe.

Soekie het haar beker reg. Ek gooi vir haar sop in. As die koue so van buite af slaan en die ysreën jou piets, moet jy jouself van binne af warm maak.

Sy proe versigtig. My helfte slurp ek sommer so van bo uit die potjie uit. Ek brand my lippe. Kyk dan boontoe en laat die ysreën op my gesig val, vryf dit oor my lippe. Laat nog ysreën in die potjie val. Ek sien Soekie doen dieselfde met haar beker. Die help nie om sop net warm te maak nie. As dit nie gekook het nie, gee die onopgeloste poeier maagpyn.

Ek het die kaart gelukkig met dik plastiek waterdig oorgetrek. As ons net by die oorhangende krans kan uitkom, daar waar ʼn vlak grot is. Dit is genoeg. Ons sal uit die reën en meestal uit die wind ook wees. Ons kan daar oornag, more is die weer hopelik beter.

Ek haal die kaart uit en vou dit oop. Vee die druppels met my hand weg. So NNW reken ek, net omtrent 2km, maar 2km kan veeleisend wees as mens in die onweer verdwaal.

Ons staan op en Soekie volg my. Die nat klippe is glad. Gladde klippe maak 2km nog langer want ons stewels gly. Die tyd stap aan en ons vorder stadig. Om die tentjie net hier op te slaan is ʼn opsie, maar die wind word al sterker. Dit is ʼn moerige wind.

Ure later bereik ons die grot. Dit is beskut teen die wind en dit is droog binne in. My neef het goed gedoen, daar is ʼn vrag hout soos wat hy gesê het daar sal wees.

Ek trek my handskoene uit en wikkel my vingers. Ek haal die vullissak uit my rugsak en haal die droë papiere uit. Die papiere vat vinnig vlam, dan die fynhoutjies en dan groter houtjies en nog groter. Die vuur groei en jaag die skemerte uit die grot uit. Ek pak die vuur nog groter en dan haal ek die boogtent se latte uit en slaan dit op sonder die seil. Ons kan ons klere oor die raamwerk hang. Ons het nog droë klere, maar met die weer weet mens nooit wanneer mens weer kans kry om klere te droog nie.

My neef het gesorg vir goeie hout, Die gloed is helder warm. Ek begin sweet en trek my baadjie uit. Die gloed is sterk. Ek gaan sit plat op die grond en trek my stewels en kouse uit. Soekie ook. Sy begin stuk-vir-stuk van haar baadjie en stewels ontslae raak. Ons kouse is nat. Ek hang dit oor die raam.

In die grot kry ek ʼn plat plek en rol ons matrassies oop en haal ons slaapsakke uit.

Die grot is beskut teen die wind en die vuur is groot. Dit rook effens en brand my oë, maar daar kom oorgenoeg vars lug ook in die grot in. My broek is nat. Ek trek my klere uit tot ek net in my onderbroek staan. Ek en Soekie is al maande lank saam. Ons is nie meer skaam voor mekaar nie.

Sy trek ook uit tot sy net in haar panty staan, en dan trek sy dit ook uit. Poedelnakend loop sy na die raam toe en hang haar klere daaroor. Ek laat waai ook maar met my onderbroek. Alles wat nat is, moet droog word.

Ek haal die kombersies uit ons rugsakke en rol hulle oop, plaas dan ons rugsakke naby aan die vuur en ons gaan sit op die sakke met net die kombersies om ons kaal lywe. Sy kom sit saam met my op my rugsak. Haar vroulike lyf is styf teenaan my en ons gebruik net een kombersie oor ons. Ek het die hout dik gepak en die vuur speel nie. Ons skuif effens weg.

Ek sit my arm om haar lyf en sy doen dieselfde met my. Ons hande rus op mekaar se kaal heupe. My hand miskien meer op die ronding van haar boud as haar heup. Die vuur, kombersie en ons lywe haal die koue diep uit ons.

Die koue het ons honger gemaak. Dit is nou heeltemal donker buitekant. In die lig van die vuur haal ek gedroogde maalvleis uit, gooi dit in die groter pot en gooi water by. Ek gebruik nie die gas nie, maar plaas die pot aan die kant van die vuur op die kole. Wanner die water en die gedroogde vleis woes kook, skuif ek die pot met ʼn stuk hout verder uit die vuur en gooi speserye by.

Wanner die korreltjies sag gekook is, haal ek ʼn pak spaghetti uit en breek dit in kort stukkies en gooi dit ook by. Soekie vat my knipmes en sny van die vrugte wat ons saamgedra het in blokkies op die blikbord. Vrugte dra swaar saam, maar dit is altyd die moeite werd vir ons.

Erk haal ʼn klein boksie langlewe room uit en gooi helfte daarvan by die pasta en vleis. Die ander helfte gooi Soekie oor die bord vrugte.

Ek skuif die pot heeltemal van die kole af en dan gee Soekie ons blik bakkies aan. Ek skep vir ons op. Ons eet in stilte. Ons is albei baie honger.

Die warm kos laat ons dadelik beter voel en uiteindelik begin ons ontspan. Ek hou die vlamme hoog. Ek weet Soekie kyk vir my terwyl ek sommer so kaal ons slaapplek vir die nag regkry.

Ek skuif die tentraam verder van die vuur af weg en gaan lê dan langs Soekie onder die kombersie op die matrassies. Dit klink of die wind buitekant ook gaan rus het. Dit is nou baie gesellig in die grot.

Soekie draai na my toe, druk haar kaal borste teen my lyf. Ek voel hoe haar tepels teen my druk. Ons soen. Vandat ons mekaar ontmoet het, soen ons baie. Ek proe die vrugte en room aan haar soene. Ek voel die warmheid van haar siel aan haar soene terwyl ons vry.

Ons vry onsself warm. Ons vry dat sy nat is en ek styf is. Ons vry dat ons asems jaag en ons hormone op loop gaan.

My hand is tussen haar bene. My vingers speel deur haar nat spleet en druk in-en-uit haar nat vagina en speel dan weer met die natheid oor haar stywe klitoris.

Haar hand streel oor my piel en haar vinger masseer sy sensitiewe kop met die gladde druppels wat by sy punt uitkom.

Ek soen haar nek en haar borste. Sy trek my nader aan haar, trek my op haar, maak haar bene oop vir my.

Terwyl ons soen, gaan ek in haar in. Ek gaan in haar heerlike nat warmte in. Diep in haar in. Vul haar met my warm styfheid.

Sy sit haar hande op my boude en streel oor hulle terwyl ons een word. Vinniger en vinniger. Sy snak na haar asem. Sy kom onder my en ek kom in haar. Ek klop in haar en vul haar warmte met my saad.

Ek trek nie dadelik uit nie. Ons bly so met my in haar. Ek vee haar hare weg van haar voorkop af en in die dowwe gloed van die vuur sien ek die spikkels in haar helderblou oë.

Daar onder word ek sag en ek lig my heupe effens op en glip uit haar. Ek gaan lê op my sy langs haar en kyk vir haar. Sy is mooi. Mooier as ʼn goue sonsondergang.

Ek gaan gooi nog hout op die vuur en later toe die vlammer kleiner word, klim ons in ons slaapsakke in.

Vroeg die volgende oggend word ek wakker. Die wind het gedraai en waai yskoud by die grot in. Soekie se kop is amper heeltemal toe onder haar slaapsak. Ek trek my kop ook toe. Ek ruik in my slaapsak die liefde wat ons gisteraand gemaak het.

Ek hoor hoe Soekie bewe in haar slaapsak van die koue. Ek klim uit myne uit. Die wind kasty my liederlik. Met dom koue hande gryp ek stukke hout en gooi dit op die kole. Die vlamme helder gou weer op, maar die wind waai erg rook in die grot in totdat die stukke hout behoorlik vlamgevat het.

Soekie het ons slaapsakke oopgerits en een groot bed gemaak. Ons klim onder hulle in en lê met ons warm lywe styf teenmekaar.

Ons lê lepel. Sy druk haar stywe kaal ronde boudjies teen my onderlyf. Sy wikkel haar boude. Sy giggel en wikkel haar boude nog meer. Soekie-lief is altyd lus vir speel. Ek soen haar nek en dan vat sy my piel wat sy styf gewikkel het met haar kaal boude, en sit hom reg om in haar in te gaan. Ek stoot in haar in. Haar koekie is nog nat en glad binnekant van gisteraand se saad wat ek in haar gestort het.

Dit is ʼn kort sessie. Ons lywe wikkel en dan kom ek kreunend in haar. Sy draai na my toe en vir lank hou ons net mekaar se kaal lywe vas en soen sagkens.

Sy klim op my en kom sit wydsbeen oor my. Ek trek ʼn slaapsak oor haar. Haar natheid raak aan my en ek kan voel hoe druppels van my semen uit haar drup en op my onderlyf val.

Sy vryf haar koekie oor my onderlyf, oor my wat weer semi-styf is. Ek gaan nie weer in haar in nie. Ek het herlaaityd nodig. Sy vryf vinniger oor my. Ek streel haar borste met my lippe en vryf met my hande oor haar boude. Sy wikkel haar onderlyf vinniger en vinniger, maak haar bene wyd oop oor my sodat haar klitoris oor die glibberigheid van my semen teen my skuur.

Sy kom. Sy snik en hyg en ek reik ver na agter verby haar boude en druk twee vingers in haar koekie in terwyl sy kom. Sy kom lank.

Toe sy klaar is, lê sy op my en bedek my lyf met haar warm naaktheid.

Die wind het nog gedraai en dwing ons om op te staan, want dit waai rook en as reg in die grot in. Ons kan nie langer bly nie. Ons trek haastig aan, kry ons goed bymekaar en ek maak seker ons het alles weer terug gepak.

Ek maak die vuur dood. Die wind is nou vreeslik sterk maar dit reën darem nie. Ons tel ons rugsakke op en stap aan. ʼn Ent weg skuil ons agter ʼn groot rots aan die anderkant van die wind.

Soekie begin naarstiglik deur haar rugsak soek. Ek kyk vraend na haar.

“My Pille,” sê sy. “Ek kry dit nie.”

O gaats.

“Is dit nie in jou klein sakkie nie?”

“Nee.” Sy soek verder.

Ek help haar soek. Ek gaan soek in die grot ook, al weet ons sy het dit nie daar uitgehaal nie.

Ons kry haar Pille nêrens nie. “Dan het ek dit seker by jou neef se huis vergeet gister,” sê sy, en gaan sit teen die rots. “Ons het gisteraand liefde gemaak.”

“Jip. Tweekeer,” sê ek en gaan sit langs haar.

“Hoe lank kan jou sperms in my leef?”

“So sewe dae reken ek.”

“En ons is nog twee weke in die berge,” sê sy. “Sal ons terug gaan?”

“Onthou my neef het ons ʼn lift gegee ook toe ons begin het. Ons sal langer as ʼn dag terugstap.”

“Langer as ʼn dag en in daardie tyd kan ek swanger word?”

“Ek reken so. Wanneer moet jy weer jou periode kry?”

“Oor so drie dae. Kan ek dit nie uit my uitspoel nie?”

“Ek is nie seker nie. Hoe?”

“Ek weet nie.”

Stilte.

Ek haal die kaart uit. Daar is ʼn nedersetting so halfdag se stap van hier af. Daar is die teken van ʼn kliniek. Dalk is daar ʼn oggend-na-die-tyd pil beskikbaar. Hier in die berge? Ek weet darem nie.

Ek wys vir haar. Sy kyk my ernstig aan. “Dan moet ons nou besluit. Of ons aanvaar dat ek swanger kan word, want ek weet nie hoe lank voor die Pil uit my sisteem is en of ek kan swanger word as ons van nou af net nie weer seks het nie, of ons gaan probeer daardie kliniek.”

“’n Blou-oog dogtertjie met die mooiste oë soos haar ma of ʼn stoute seuntjie wat aard na sy pa,” sê ek vir haar.

Sy giggel. “Dit sal eintlik wonderlik wees as ek wel swanger is.”

Ek is nie heeltemal seker of sy ernstig is nie. “Ons kan altyd gou seker maak nou,” sê ek.

“Moenie kom broeis word nie,” lag sy en staan op. “Kom ons gaan kry die kliniek. Ons kan net probeer. Al word ek nie swanger van gister se seks nie, is ek nie lus om die staptog verder aan te durf sonder ʼn enkele knippie nie.”

Lae grys vlieswolke hardloop bokant ons in die lug verby. Die reën het bedaar, maar die wind is sonder genade. Ons bereik ʼn voetpaadjie.

“Sal ons dit volg?” vra sy.

“Solank as wat dit in die regte rigting is volg ons dit,” sê ek.

Ons vorder vinnig met die voetpaadjie langs. Die grond is meestal gelyk en die paadjie kronkel tussen die gras deur wat skuins teen die wind stry.

Ek het nie Weermag toe gegaan nie. Krokodil is nou al ʼn hele ruk uit die parlement en daar loop stories dat diensplig afgeskaf gaan word. De laaste magte is besig om uit Angola te onttrek. Nog twee en ʼn halwe jaar van my BCom graad, daarna dalk nagraads studeer. Dit behoort genoeg tyd te wees om te sien waarnatoe die land se politiek beweeg. As ek moet inklaar, moet ek inklaar, maar vir nou studeer ek eerder as om uniform aan te trek.

Die Junie-eksamens is agter ons. Ons het in Januarie ontmoet, en het dadelik van mekaar gehou. Die eerste aand het ons lank gesoen. Die tweede aand het ons deur ons klere mekaar se lywe verken. ʼn Week later was ons kaal op my bed in die studentehuis en die volgende aand het ons albei ons maagdelikheid verloor. Van toe af het ons gereeld seks. Ons kan nie genoeg kry van mekaar nie.

Na hierdie vakansie gaan ons die tweede semester tegemoet en ons gaan ʼn eenslaapkamer woonstel deel. Net ons twee. Die mense praat. Dit is wat mense doen. Hulle kyk na ander en praat oor hulle. As dit my seks kom, dan kwetter hulle. Die kerk se studenteleier het vir die dominee gaan sê ons gaan ʼn woonstel deel na die vakansie. Dominee het die kerkraad se besluit oorgedra. As ons in sonde gaan leef, plaas die kerk ons onder sensuur. Nou hou ons eers in sonde vakansie in die berge.

Die mis word dig en omsingel ons. Ons rus eers. Ek kry die stofie aan die gang en maak ʼn pot sterk koffie. Soekie haal beskuit uit.

Ons stap weer verder en vorder stadig met die voetpaadjie langs. Soekie se ma is ʼn boervrou. Sy boer vrou-alleen anderkant Lichtenburg nadat haar pa in ʼn motorongeluk beswyk het. Soekie dra die verlies van haar pa nie net binne haar nie. Oor haar voorkop en regterwang is ʼn litteken wat haar elke keer wanneer sy in die spieël kyk herinner aan die tragiese dag. Ek moet dink aan die litteken om te besef dit is daar. Die chirurg het fyn werk gedoen, want dit is net ʼn dun lyn, maar ek weet sy is elke dag bewus daarvan.

Die wind kom nou reg van voor af. Ons stop eers en sy hou haar kop agteroor dat ek vir haar oogdruppels in kan gooi. Haar glas-oog word soms irriterend droog.

Ek hoor die geklop van ʼn dieselenjin. Regs van ons sien ek dowwe ligte aangeruk kom. ʼn Pad?

Ons albei hardloop vorentoe deur die gras tot by ʼn tweespoorpaadjie. ʼn Rooi Toyota Hilux 2.4D.

ʼn Plaaswerker. Ons vra hom of hy weet waar die kliniek is. Hy weet. Hy vra nie verder vrae nie. Soekie klim voor langs hom in en ek laai ons rugsakke agterop en klim op.

Die bakkie kruie stadig aan oor die klipperige paadjie, maar Soekie kry darem bietjie hitte voor in die kajuit en ons bene kan rus.

Na meer as ʼn uur verloop het, ry ons deur die nedersetting. ʼn Paar kinders skarrel rond en dan stop ons voor ʼn baksteengeboutjie. Abel, die plaaswerker, sê ons moet net wag, die kliniek gaan oopmaak. Hy is hier om medisyne vir sy vrou te kry. Die hoes het haar beet.

Ons gaan sit aan die agterkant van die kliniek uit die wind uit. Abel knars ʼn vuurhoutjie en trek wolke uit ʼn pyp uit. Hy vra waarnatoe ons stap. Ek wys hom op die kaart waar die berghut is. Hy roep ʼn paar keer in die mis in. ʼn Groep kinders kom soos skimme uit die mis te voorskyn. Abel praat met hulle. Dit lyk asof hulle onderhandel.

Abel sê hy kan ons berghut toe vat. Hy het oor die radio gehoor die sneeu gaan kom vanaand. Dit is gevaarlik in die berge as dit sneeu. Die kinders verkoop hout. Vir R20 sal hulle hout vir ʼn week op die bakkie laai.

Ek sê vir hom ons bly net twee dae oor by die berghut, en dan stap ons weer na ʼn ander een toe. Een wat ver is.

Abel en die kinders praat weer.

Abel vra die kaart. Hy wys my hoe om te loop. Die roete wat hy wys tot by die tweede hut is verder, maar hy sê dis veiliger. Hy kan ons vat tot by die eerste hut en ook hout gaan aflaai by die tweede hut. R30 vir alles.

Ek praat met Soekie, haal dan R30 uit en gee dit vir Abel. Hy praat met die kinders en hulle verdwyn in die mis.

ʼn Vrou kom sluit die kliniek oop. Abel sê ons kan maar eerste gaan hy sal die hout op die bakkie laai as die kinders dit bring.

Die vrou is netjies geklee in haar uniform. Sy vryf haar hande, skakel dan die ligte aan en ons stap binne.

Ons wag tot sy ons roep en dan verduidelik ons haar waarom ons hier is.

Sy gee my ʼn kwaai kyk, en sê dan sy het nie Pille nie, maar wel die oggend-daarna-pil. Sy gee vir ons ʼn kort prekie, maak dan ʼn staalkabinet oop en haal ʼn boksie uit. Sy gee vir Soekie instruksies en dan gee sy vir my kondome aan. Sy vra of ek weet hoe om dit te gebruik, wag dan nie vir ʼn antwoord nie en gee vir my ʼn pamflet aan. Met haar pen se punt gaan sy die stappe op die pamflet deur saam met my.

“Verstaan?”

“Ja, Suster.”

Ek en Soekie gaan wag buite langs die bakkie en wanner Abel klaar is, vertrek ons.

…word vervolg

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.