Die Maagd

Widya lê in die houthut en luister na die voëltjies wat wakker word. Sy strek, rol dan van haar kooi af en staan op. Sy het kaal geslaap en hurk eers oor ’n houtemmer in die verste hoek wat met klei aan die binnekant geseel is en maak haar blaas leeg.

Die sterk pisreuk brand omtrent haar neus maar dit is waardevol en sy gebruik dit om leervelle spierwit te maak. Die spierwit velle kry ’n beter prys as die velle wat net sag gebrei is. Sy pis elke oggend in die emmer sodat die pis al meer en sterker word.

Sy trek ’n gerafelde rok aan en gaan na buite waar sy die kole met fynhoutjies en stukkies droë bene aan die vlam kry. Sy gooi nog hout op die vlamme, gooi ’n ovaalvormige klip in die vuur in en maak dan die kookkleipot vol. Wanneer die kole die klip warm gemaak het, gebruik sy ’n leerlap om dit in die water in te gooi. Die klip laat die water stoom en borrel en sy gooi ’n handvol kruieblare by sodat dit goed kan trek.

Die voetstappe oor die klipperige grond laat Widya op kyk. ’n Jong man kom aangestap. Sy weet wie dit is. Nilas.

“Hallo Widya!” groet hy en staan stil.

“Hallo Nilas!” sê Widya en kom regop. “Wat bring jou so vroeg oggend hier na my toe? Die son is nog net effens wakker.”

Nilas gaan sit op sy hurke en kyk vir die gloeiende kole. “Ek het nou al lank gedink, Widya.”

“Wat het jou dink met my te doen?” vra Widya en sy roer die kruietee met ’n houtlepel. “Wil jy tee hê?”

“Ek sal seker tee vat, mooie Widya, want jy maak die lekkerste tee van almal.”

Widya gebruik die leerlap om die kleipot mee op te tel en kantel dit om twee houtbekers met tee te vul. “Het jy so lank gedink om te besluit of ek mooi is en of my tee lekker is?”

Nilas neem die beker by haar. “Nee Widya, of ja. Die ding is….”

“Klink my jy het nie lank genoeg gedink nie.”

“Dit staan so. Hierdie is nou jou twintigste somer al Widya…”

“Hoe weet jy hoeveel somers ek al gehad het? Het jy hulle getel?”

“Asta, die oudste van die vrouens het vir my gesê.”

“Dan het jy mos nie gedink nie. Jy het gevra en sy het vir jou gesê.”

Nilas blaas oor sy tee en vat ’n sluk. “Laat ek net klaar praat Widya.”

“Nou goed. Praat dan. Ek sal stilbly soos ’n jagter wat ’n wakker bok bekruip.”

“Jy is mooi Widya. Jy is ook die enigste maagd nog hier. Jy is al twintig somers oud, net soos ek. Ek wil die seremonie met jou doen, Widya. Ek wil jou as my vrou hê en ek wil jou man wees.”

Widya voel hoe sy bloos. Dit is waar. Die ander jong vrouens het almal al mans. Dit is net sy wat nog alleen slaap. Nilas is egter nie die enigste jong man wat alleen slaap nie. Daar is nog Elmer en Esben ook.

“Ek is dalk die enigste maagd wat oud genoeg is om saam met ’n man te gaan, maar jy is nie die enigste man wat alleen is en oud genoeg is om saam met ’n vrou te gaan nie.”

“Ek weet dit Widya, daarom hoop ek om eerste te vra…”

“Dan is daar nog mans wat al vrou gehad het maar weer alleen is nadat die dood hulle vrouens gevat het. Daar is ook vrouens wat al man gehad het en weer alleen is nadat die dood hulle mans gevat het.”

“Ja Widya, maar…”

“Jy kan mos een van daardie vrouens vat en ek een van daardie mans?”

“Widya maar jy is ’n maagd.”

“Wat maak dit saak? En jy, het jy al plesier by ’n vrou gekry?”

“Ek het nog nie, Widya. Ek is suiwer en dit is vir my gepas om iemand so mooi en suiwer soos jy as ’n vrou te vat.”

“Hoe weet jy ek het nie in die aand in ’n man se hut my bene vir hom oopgemaak of dalk iewers op ’n graskol in die bosse nie?”

“Die eerste deel van die seremonie vir ’n maagd is mos om te verklaar sy is nog suiwer en dan moet Asta tussen haar bene kyk of dit waar is.”

“Wat weet Asta? Haar oë is al oud. Sy kan nie eers haar emmer raaksien nie. Sy pis langs die emmer. Hoe gaan sy tussen my bene kan sien? Toe die maan net ’n strepie was nie lank terug nie, het sy met ’n boom gepraat en gedink dit is Rugyar.”

“Dit is die seremonie. Dit is hoe dit werk, Widya,” sê Nilas sag.

“Die seremonie? Jy klink al klaar flou en jy het die heel begin vergeet.”

“Die heel begin?”

“Ja, gaan vra vir Rugyar. ’n Vrou moet nie net instem as ’n man haar wil vat nie. ’n Slaaf word so gevat. ’n Slaaf sê net ja anders word sy uitgegooi vir die roofdiere. ’n Man moet bewys hy is dit waardig om ’n maagd as sy vrou te vat.”

Nilas krap sy kop. “Ek dink ek onthou nou so iets. Hoe moet ek dit bewys?”

“Gaan vra vir Rugyar,” sê Widya en neem die beker by Nilas. “Dan kom jy terug en vra weer.”

“So jy het nie nee gesê nie?” vra Nilas en sy stem klink weer helder.

“Ek het niks gesê nie. Toe, gaan nou. My maag praat. Ek het besigheid om te doen.”

***

Nilas gooi heuningbier in twee houtbekers en gee dan een aan vir Rugyar wat langs die vuur op ’n boomstomp sit.

“So jy wil die dinge van ’n vrou weet?” vra Rugyar en teug aan sy bier.

“Ja, Rugyar. Hier is net een maagd en dit is Widya. Ek wil waardig wees vir haar.”

“Kan jy jag, Nilas?”

“Natuurlik Rugyar. Die wildevark wat ons netnou gaan eet het ek vanoggend gejag.”

“Kan jy ’n vrou beskerm as die vyand opdaag?”

“Dit kan ek doen Rugyar. Ek is goed met ʼn swaard en my swaard is altyd blink en skerp. Ek kan akkuraat met ’n boog ook skiet, soos die wildevark wat ek vanoggend…”

“Dan kan jy die maklike goed doen.”

“Die maklike goed, Rugyar?”

“Kan jy ’n vrou ten volle bevredig?”

“Ek sal altyd sorg dat sy genoeg kos het.”

Die ou man sug. “Jy het baie om te leer, Nilas. ’n Vrou word nie net honger vir kos nie. Sy word lus ook. Lus vir ’n man. Die man moet weet wat hy doen, anders bly die vrou honger vir ’n man al het sy ’n man.”

“Ek weet ’n vrou word ook jags, Rugyar. Ek weet darem nie niks nie.”

“En wat doen jy as jou vrou jags is, Nilas?”

“Dan sit ek my piel tussen haar bene in en wikkel in haar dan kry sy ook lekker mos?”

“So eenvoudig is dit nie, Nilas. Tensy jy net ’n baba in haar wil maak.”

“Ek het al gehoor as mens nie ’n baba wil maak nie dan trek mens net uit voordat die piel saad skiet.”

“Dit is so ja, maar jy moet weet hoe om die jags van ’n vrou te bevredig. Jou jags is bevredig as jy saad gegooi het, maar ’n vrou gooi nie saad nie. Vrouens is anders, jong. Gooi vir ons nog bier in, dan vertel ek jou.”

Nilas staan op, gooi bier in en gaan sit weer.

“Jy kan begin deur ’n vrou te soen. Nie hard nie, soos wat sy daarvan hou. Jy moet oplet na haar asem en haar lyf. Dit vat oefen om goed te soen.”

“Ja, Rugyar.”

“As jy haar reg soen, dan kan jy verder gaan as sy wil. Dan kan jy aan haar borste ook vat. Jy vat eers sag, en wees versigtig by die tepels.”

“En na die borste?”

“As sy wil, dan kan jy ook aan haar boude vat. Jy kan my maar glo, dit is baie lekker om aan ’n vrou se kaal boude te vat. Jy vat ook eers sag, streel haar boude en laat haar asem, stem en liggaam jou lei.”

“En dan Rugyar?”

“Weereens as sy wil, dan kan jy na die beste plek tussen haar bene toe gaan. Jy kan eers daar met jou tong, lippe en vingers gaan voordat jy met jou piel daar gaan.”

“Moet ek haar soen waar sy pis?”

“Kom laat ek in die sand teken hoe ’n vrou se poes lyk.”

Die ou man haal ’n mes uit en teken op die sand in die lig van die vuur.

“Kyk, die hare is hier aan die bokant. Dan is daar ’n spleet. Die spleet word gevorm deur twee lippe. Ja, sy het lippe daar onder.

“Nou, kyk, hier bolangs tussen haar lippe is haar knoppie. Die knoppie is baie belangrik. Dit is waar baie vrouens bevredig kan word. Vrouens het daardie knoppie net vir plesier. Daar kom nie ook pis uit soos ’n man se piel wat vir pis en plesier is nie.

“Dan kan jy die vrou se lippe ook oopmaak. Dan sal jy haar pienk vlees sien. Jy moenie haar hare daar onder trek as jy haar lippe oopmaak nie. Jy kyk ook nie net soos wat jy ’n swaard bekyk nie. ’n Vrou kan gevoelens hê as ’n man haar poes uitkyk. Jy moet sensitief wees.

“Dan is daar eers die gaatjie waar haar piepie uitkom. Die plek waar jy jou piel indruk en die plek waar haar piepe uitkom is nie dieselfde nie.

“Nog so bietjie ondertoe is die opening waar jy jou piel indruk. Jy kan haar knoppie soen, haar harige lippe, die pienk vlees tussen die lippe, en die plek waar haar piepie uitkom en die plek waar jou piel ingaan. Jy kan lek ook daar. Jy moenie bang wees om daar te lek nie.

“As jy haar goed en reg vry, dan word sy baie nat daar onder. Die pienk vlees word glibberig en ook daar waar jy jou piel indruk. As jy jou piel in haar druk en sy is nie baie nat nie, kan dit seer wees vir haar en vir jou ook. ’n Man bevredig nie ’n vrou deur haar seer te maak nie.”

Nilas sit oopmond en dink aan ’n vrou se poes. Die lippe, die pienk, die nat, die knoppie, gaatjie vir pis en die plek vir ’n piel. Hy het baie vrae en hy en Rugyar sit tot diep in die nag en hout brand en gesels.

***

“Wat bring jou hiernatoe, Widya?” vra die ou vrou.

“Nilas het my gevra om sy vrou te wees,” sê Widya en neem die beker tee by Asta.

“Ja, dit is seker tyd dat jy saam met ’n man in sy hut gaan lê. Wat het jy gesê?”

“Ek het niks gesê nie. Ek is nie ’n slaaf nie. Ek het hom eers na Rugyar toe gestuur.”

“Ja, dit is goed. Dit is donker hier binne. Kom ons gaan buitekant toe waar die son helder skyn. My oë is nie meer so goed nie.”

Die twee vrouens stap na buite en gaan sit dan op ’n sagte graskol.

“Is jy nog ’n maagd?”

“Ek is, Asta. Jy kan maar kyk.”

“Nee wat, dit is nie nodig nie. Tydens ’n vrou se leeftyd het sy duisende kere seks en net een daarvan is ’n eerste keer en meeste van die tyd is die eerste keer nie baie lekker nie en nie bevredigend vir haar nie.

“Weet jy waar gaan die penis in?”

“Ja, tussen my bene, Asta.”

“Waar tussen jou bene?”

Widya dink ’n rukkie. “Daar waar ek piepie?”

“Kom laat ek jou wys,” sê Asta en lig haar rok op. Sy gaan lê op haar rug en maak haar bene oop. “Kom kyk hier na my. ’n Vrou kan nie juis haar eie dele sien nie. Myne is al oud en joune lyk sekerlik nog mooi en ongeskonde, maar jy kan by my kyk en leer.”

Widya kyk eers weg maar dan kyk sy tussen Asta se bene.

“Kyk, hier is die plesierknoppie, “ sê Asta en trek haar poeslippe oop. “Hier kom die piepie uit en hier waar ek nou ooprek gaan die penis in.”

Widya kyk grootoog. “Is dit waar die bloed ook uitkom?”

“Ja, dit is reg. Joune is ook nie so oopgerek soos myne nie. Ek het al baie seks gehad en vier kinders gebaar. Joune is nog styf met ’n klein opening. By jou opening kan ’n vlies wees wat dit gedeeltelik bedek. Die vlies skeur as jy die eerste keer seks het of dit kon alreeds geskeur het soos wat jy perd ry of baljaar het.”

“Is dit lekker as ’n man sy penis daar in druk?”

“Dit is ja, maar die plesierknoppie is baie belangrik. ’n Man kan tussen jou spleet lek, die lippe daar onder, die plesierknoppie en ook waar die piel in gaan soen en lek ook. Dit is ook vreeslik lekker. Jy kan sy penis ook soen en lek.”

“Daar waar sy piepie uitkom ook?”

“Ja, dit is baie lekker vir ’n man. Jy kan sy balsak met jou vingers streel ook. Maar dit is nie nou so belangrik nie.”

“Wat is dan belangrik?”

“Die liefde, Widya, die liefde,” sê die ou vrou en kom weer regop en maak haar poes weer toe met haar rok.

“Hoe weet ek vir wie ek lief is, Asta?”

“Dit kan net jy weet. Die moeilikste is om te weet of die man ook lief is vir jou of net sy penis in jou vagina wil in druk.”

“Hoe kan ek seker wees?”

“As jy nog wonder, sal ek sê jy is nog nie reg vir hom nie en hy nie reg vir jou nie.”

“Wat as ek net jags is vir die man?”

“Dit is ook baie moontlik ja. Jags is ’n baie sterk drang by die mens. Daar is baie wat net seks het sonder liefde.”

“Kan ek seks hê sonder om ’n man te vat?”

“Ja, maar die samelewing is nie so oopkop daaroor nie. Dit is moeiliker vir ’n vrou. Die mense aanvaar ’n man wat met baie vrouens seks het, maar hulle hou nie daarvan as ’n vrou met baie mans seks het nie.”

“Wat as ek vir een man lief is en vir ’n ander man jags is?”

“Dan moet jy maar baie versigtig wees. Die man kan vir jou lief wees en seer voel as jy ’n ander man se penis in jou ontvang.”

“En as my man eendag met ander vrouens seks het?”

“Hoe gaan jy daaroor voel? Daar is vrouens wat nie omgee as hulle mans op strooptogte ander vreemde vrouens seks nie solank hulle dit nie met ander vrouens van ons doen nie. Daar is ander wat kwaad word daaroor.”

“Ek weet nie hoe ek daaroor voel nie.”

Widya het nog baie vrae en Asta antwoord alles geduldig. Wanneer die son sak, vertrek Widya na haar hut toe.

***

Twee mane later kom Nilas eers weer na Widya toe.

“Ek het net kom sê ek het vir Lelia gevra en sy het ja gesê.”

“Dit is goed, Nilas. Jy weet Lelia is nie ’n maagd nie?”

“Ja, ek weet Widya. Ek gee nie om nie. Die gevoel in my binneste is sterk vir haar. Ek wil net by haar wees.”

“Ek is bly vir jou Nilas. Dankie dat jy kom sê het. Ek hoor julle gaan jag binnekort?”

“Dit is so.”

“Jy moet jouself oppas. Lelia het reeds een man verloor. Jy moet lewend terugkom.”

“Totsiens, Widya.”

“Totsiens, Nilas.”

Widya kyk hoe Nilas vertrek en in haar binneste het sy vrede. Sy gaan in haar hut in. Op haar bed lê ’n kaal man.

“Wie was dit?” vra Aragar, Rugyar se kleinseun wat ook twintig somers oud is.

“Dit was Nilas. Twee mane terug wou hy my as vrou gevat het maar hy het nou vir Lelia. Waar was ons?”

“Ons was nog in die bed, my liefde.”

Widya trek weer al haar klere uit en klim terug in die bed. Sy vat aan Aragar. Die punt van sy piel is drupnat en hy is nog stokstyf. Sy het vir Aragar ontmoet twee dae nadat sy by Asta was, en sy het net geweet sy is verlief op Aragar. Tien nagte later het sy vir Aragar gesê sy wil seker wees sy hou ook van seks met die man op wie sy verlief is. Hy het teer haar maagdelikheid geneem.

Die afgelope paar dae is hulle meestal in die bed. Die ander mense weet nog nie van hulle nie. Haar hut is eenkant, en Aragar slaap meestal by haar en vertrek donkeroggend na sy groot hut langs sy uitgestrekte landerye. Aragar is ’n landbouer.

Aragar lê half oor Widya en soen haar nek, dan haar borste en haar tepels. Hy soen haar al laer en dan raak hy aan haar knoppie.

“Ek wil bo wees,” sê Widya. Tot dusver het hulle nog net seks gehad met sy wat op haar rug lê met haar bene oop.

Aragar tel haar met sy sterk arms op en swaai haar bo-op hom. Hy vou die leervelle wat hulle as ’n kussing gebruik om sy kop meer op te lig.

Widya sit op Aragar en voel die harde warmte van sy piel se skag in haar nat spleet.

“Lig jou boude effens op, “ sê Aragar en dan sit hy sy piel by die ingang van haar vagina. “Sak nou stadig af.”

Sy groot stywe penis penetreer Widya stadig en hy liefkoos haar borste met sy lippe en haar boude met sy hande.

“Gaan stadig af dat ek so diep in jou gaan as wat vir jou gemaklik is.”

“Jy gaan baie diep in so.”

“Lê met jou bolyf vorentoe. Laat jou tiete op my borskas rus.”

Widya maak so en dan begin sy haar heupe te wikkel.

Dit is ’n nuwe sensasie vir Widya. Sy lig haar bolyf weer effens op en voel hoe haar klitoris ook teen Aragar se onderlyf skuur. Dit is hemels vir haar met sy harde manlikheid wat haar vul en haar klitoris ook stimuleer.

Sy wikkel haar heupe nog vinniger. Dit word lekkerder as wat sy voorheen ervaar het. Nog lekkerder.

Dit is effens seer, maar sy is baie nat en sak nog laer af. Die volle lengte van Aragar se penis gaan in haar vagina in. Sy voel sy hande op haar boude en hulle lippe en tonge maak saam liefde.

Aragar kreun hard en hy lig vir Widya op en sy piel glip uit haar uit. Sy saad spat kloppend oor sy maag.

Hy is egter nie klaar nie en begin om Widya se nat vulva te lek en toe soen. Hy konsentreer op haar klitoris terwyl hy een vinger in haar vagina het.

Widya voel hoe ’n groot orgasme opbou en dan kom sy. Sy sug hard en byt op haar lip. Sy vat Aragar aan sy agterkop en druk sy gesig styf teen haar poesie vas tot sy klaar gekom het.

Aragar staan op en gaan op sy knieë langs die bed.

“Widya, sal jy my vrou wees?”

“Ek sal! Ja, Aragar, ek sal!”