Skip to content
Menu
Sexy Afrikaans
  • Hygliteratuur
  • Algemeen
  • Erotiese Kuns
  • Sexy Foto’s
  • Wulpse Woensdag
  • Memoirs
  • Erotiese Sprokies
  • Woordsoek – 29 Januarie 2020
Sexy Afrikaans
23 Januarie 202028 Januarie 2020

Ons is weer terug

Ons was maande lank weg gewees. Letterlik. Eers was ons Suid-Amerika toe en daar het die werk ons omtrent dag en nag besig gehou. Daarna het ons skaars terug gekom en Derrick moes eers Europa en daarna na die UAE toe.

Vir die volgende paar maande behoort dit rustiger te gaan en kan ons weer ‘n roetine vind. Derrick is reeds terug na die spreekwoordelike soutmyne toe en ek klim volgende week weer agter die juk in.

Dankie aan al die besoekers wat kom inloer het hier terwyl ons weg was.

Caty

NS: Ek spoeg en plak die inhou van die bladsy “Oor Sexyafrikaans.com” hier onder:

Daar is mense wat nie hou van hygliteratuur/erotiese stories nie en daar is ook diegene wat meen dit is sonde. Dit is hulle reg om so te dink en te meen. Uit die aard van die saak, is Sexy Afrikaans dan nie vir hulle nie.

Nie een van ons het al voorheen ‘n Twitter-rekening gehad nie en ons het een opgestel, al is dit met stampe en stote. Ons volg meestal Engelse Twitter-gebruikers om darem iets op ons profiel te hê, en het een of twee volgelinge.

So van Engels gepraat, ons het ook agtergekom ons is besig om te verengels, en moet soms mooi dink wanneer ons hygliteratuur skryf. Ons het besluit om ons erotiese stories in Afrikaans te skryf, want Afrikaans is tog ons moedertaal en daarby is Afrikaans ‘n mooi taal en ‘n taal wat ook sexy kan wees.

Ons glo nie daaraan om inhoud te steel of te gaps of permanent te leen nie. Die sexy foto’s wat op Sexy Afrikaans reeds geplaas is en wat geplaas gaan word, is of deur ons self geskep, of ons het toestemming om dit te gebruik. Baie modelle poseer naak, maar wil nie hê dat hulle gesigte sigbaar is nie. Ons respekteer dit.

Die hygliteratuur by Sexy Afrikaans is alles oorspronklik, alhoewel sommige geïnspireer kan wees deur bekende verhale soos die van Rooikappie. Jy het reg gelees, Rooikappie. Ons gaan ook baie erotiese sprokies skryf, vir volwassenes natuurlik.

Hoeveel onse is in ons pond? Twee. Ons is ‘n heteroseksuele paartjie wat saam werk aan Sexy Afrikaans en saam die stories skryf. Ons skryf nie net stories nie, ons geniet seks self ook vreeslik baie! Om  saam erotiese stories uit te dink en te skryf is ook ‘n heel nuwe pad van seksuele ontdekking vir ons. Ons geniet dit!

Afrikaans het ook baie (lekker) vloekwoorde. Woorde soos naai, poes, doos, piel en kont. Waar toepaslik, gaan ons van die lekker woorde gebruik. Ons glo nie daaraan om ‘n swak storie reg te ruk met vloekwoorde nie, maar onthou hygliteratuur bestaan nie wetenskaplik en klinies in ‘n laboratorium nie.

Dit, in kort, is Sexy Afrikaans. As jy daarvan hou, kom loer gereeld in. Indien jy vrae het of sommer net wil “Hallo” sê, stuur vir ons ‘n briefie by [email protected]

Die enigste bydraes wat ons tans sal oorweeg is GLBTQI erotiese stories.

4 thoughts on “Ons is weer terug”

  1. Anoniem sê:
    24 Januarie 2020 om 1:41 nm

    Welkom terug. Ek geniet julle webwerf baie.
    Die Afrikaans vir UAE is VAE.

    Antwoord
  2. Altydlus sê:
    27 Januarie 2020 om 8:13 vm

    Gaan julle een of ander tyd geld vra vir toegang tot Sexy Afrikaans?

    Antwoord
    1. Derrick sê:
      27 Januarie 2020 om 5:05 nm

      Hi Altydlus, ons het nog nie eers daaraan gedink nie. Sexy Afrikaans het ‘n paar advertensies wat so nou en dan sorg vir ‘n koffie of ‘n koue een.

      As ons maande weg is omdat ons besig is, dan is dit so. As ons gereeld inskrywings plaas en daar is mense wat dit geniet, dan is dit goed.

      Sou ons inskrywingsgeld vra, dan word ons gebind om te presteer. Nou is ons vry en ons het Sexy Afrikaans begin omdat ons dit geniet en omdat sosiale media soos Facebook nie geskik is vir ons klas inhoud nie.

      Antwoord
    2. Caty sê:
      29 Januarie 2020 om 10:50 vm

      Ja, Altydlus, ons gaan R1,000,000 per dag begin vra. Moenie na Derrick luister nie, betaal solank ‘n maand se geld oor. 😛

      Antwoord

Maak 'n opvolg-bydrae Kanselleer die opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.

Bladsye

  • Cookie Policy
  • Copyright Notice
  • Disclaimer
  • Oor SexyAfrikaans.com
  • Privacy Policy
  • Terms and Conditions
  • Woordsoek – 29 Januarie 2020

Kontak

Dit is baie maklik om Sexy Afrikaans te kontak, en die epos-adres is ook baie maklik om te onthou:

[email protected]

Onlangse Bydraes

  • Skreeuslet
  • Die Meenthuis – Deel 2: Skuldgevoelens
  • Ferm borste en ‘n verehalssnoer
  • Ons is weer terug
  • Top drie lande se inwoners wat SexyAfrikaans.com besoek
  • Lippe
  • Spieëlbeeld
  • Sexy borste
  • Kurwes
  • Kaal digitale kurwes
  • Vasgebind
  • Suigstokkie
  • Sexy
  • Die Meenthuis – Deel 1: Draadtrek
  • Die Pil in die Berge
  • Wulpse donkerkop in ‘n stywe baaikostuum op die strand
  • Kleurgrens/rasgrens
  • Twee toeskouers
  • Kitaarles
  • My vriend se ma se tweelingsuster

Nuutste Opmerkings

  • Warrick oor Kaal digitale kurwes
  • Warrick oor Wulpse donkerkop in ‘n stywe baaikostuum op die strand
  • Rudi oor Wulpse donkerkop in ‘n stywe baaikostuum op die strand
  • Adriaan oor Skreeuslet
  • Derrick oor Die Pil in die Berge
  • Caty oor Vinnige Oggendseks
  • Caty oor Ons is weer terug
  • LJ oor Die Pil in die Berge
  • Altydlus oor Skreeuslet
  • Derrick oor Ons is weer terug
  • Altydlus oor Ons is weer terug
  • Anoniem oor Lippe
  • Anoniem oor Hygliteratuur en pornografie soekterme
  • Anoniem oor Twee toeskouers
  • Anoniem oor Spieëlbeeld

Argief

  • Januarie 2020
  • Junie 2019
  • Mei 2019
  • April 2019

Kategorieë

  • Aantreklike Mans
  • Algemeen
  • Erotiese Kuns
  • Erotiese Sprokies
  • Hygliteratuur
  • Memoirs
  • Sexy Foto's
  • Wulpse Woensdag

Meta

  • Meld aan
  • Inskrywingstoevoer
  • Kommentaarvoer
  • WordPress.org
©2021 Sexy Afrikaans | Powered by WordPress and Superb Themes!
This website uses cookies to improve your experience. We'll assume you're ok with this, but you can opt-out if you wish.AcceptReject Read More
Privacy & Cookies Policy

Privacy Overview

This website uses cookies to improve your experience while you navigate through the website. Out of these, the cookies that are categorized as necessary are stored on your browser as they are essential for the working of basic functionalities of the website. We also use third-party cookies that help us analyze and understand how you use this website. These cookies will be stored in your browser only with your consent. You also have the option to opt-out of these cookies. But opting out of some of these cookies may affect your browsing experience.
Necessary
Always Enabled

Necessary cookies are absolutely essential for the website to function properly. This category only includes cookies that ensures basic functionalities and security features of the website. These cookies do not store any personal information.

Non-necessary

Any cookies that may not be particularly necessary for the website to function and is used specifically to collect user personal data via analytics, ads, other embedded contents are termed as non-necessary cookies. It is mandatory to procure user consent prior to running these cookies on your website.

SAVE & ACCEPT