Sexy Afrikaans

Lyfliteratuur Erotiese Stories Sexy Lywe Hygliteratuur

Kleurgrens/rasgrens

Kleurgrens/rasgrens

Ons beleid is dat ons nie tans bydraes aanvaar nie. Kom ons sê ons is bereid om die beleid buigbaar toe te pas. Onlangs het ons ‘n bydrae ontvang van ‘n leser. (Neem kennis dat dit wat ons hier gaan bespreek, ons reeds met die betrokke persoon bespreek het en die persoon is ook bewus van die inhoud van hierdie inskrywing.)

Ons het ‘n bydrae ontvang  oor “‘n lekker dik swart piel” en die persoon het klem op die interras (interracial) deel daarvan gelê.

Toe ek en Derrick hierdie webtuiste begin het, het ons besluit ons gaan nie spesiaal ‘n kategorie skep vir “swart” of soos die Engelse sê ebony nie.

Die van julle wat pornografie kyk, sal weet dat daar baie kategorieë is soos big black cock, interracial, ebony, ethnic, Latina, blacked, hot ebony, big black booty, black on blonde

Na ons mening, gaan baie van die kategorieë wat pornografie volgens ras indeel, oor die “verbode” aspek daarvan. Pornografie en ook hygliteratuur gaan ook oor fantasieë, en ook oor sogenaamde “verbode” fantasieë. Daarmee bedoel ons nie iets wat regtig verbode en teen die wet is soos bloedskande en verkragting nie, maar ook sorgelose seks sonder beskerming, ontrouheid, anale seks wat in baie verhoudings en huwelike verbode is en dies meer.

Vir ons val seks oor die kleurgrens of oor die rasgrens nie in die “verbode” kategorieë nie. Dit is nou al 2019. Vir ons val pornografie en hygliteratuur wat nog volgens ras ingedeel word, in iets wat in die oude doos hoort.

Het ons dalk die kat aan sy stert beet?

Lees hierdie aanhaling uit ‘n artikel:

 That’s because, according to Vocativ’s Tracy Clark-Flory, IR porn “is held out as more extreme not because of which body part goes where but because the adult industry reflects the old attitude society still holds on to that the color of a sexual partner’s skin can by itself make the act forbidden.” And in porn, “forbidden” often translates into money. – https://www.mic.com/articles/135555/there-s-a-serious-racism-problem-in-the-porn-industry

Ons hier by Sexy Afrikaans skryf en plaas ons stories hier omdat ons daarvan hou. Ons is nie hier om stereotipes oor ras, hoe onskuldig dit ook mag lyk, in stand te hou nie.

As ons ‘n storie oor ‘n “groot swart piel” in ‘n aparte kategorie plaas, dan reduseer ons daarmee saam weer n ras tot ‘n fetisj. Daar is niks fout met ‘n gesonde fetisj nie, maar hoekom een ras uitsonder en daaronder indeel?

Ons webtuiste is in Afrikaans, want ons hou van Afrikaans. As ‘n swart piel vir jou mooi is en jou warm maak, dan maak ‘n swart piel jou warm, maar ons gaan dit nie namens of vir jou in ‘n kleurboksie volgens ras druk nie.

Natuurlik hou ons nie beskrywings wat met ras te doen het uit ons stories  nie. Ons plaas dit net nie in ‘n boksie of aparte kategorie nie. As ‘n man se spiere onder sy donker vel bult, dan is dit so. As ‘n blondine haar broekie aftrek en met haar blou oë op kyk, dan is sy ‘n blondine en sy het blou oë. Mense is ook nie deurskynend nie.

Ons gaan net nie ‘n kategorie apart skep vir “swart” of interracial nie.

Hier by Sexy Afrikaans vry ons vryelik, sonder kleurgrense.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.