Sexy Afrikaans

Lyfliteratuur Erotiese Stories Sexy Lywe Hygliteratuur

Hygliteratuur

Hygliteratuur

Wat is hygliteratuur? Soveel mense, soveel menings. Ons hier by Sexy Afrikaans het gaan dink oor die term hygliteratuur.

Vir ons is hygliteratuur eerstens stories met ‘n sterk seksuele element. Die stories kan die waarheid wees, suiwer fiksie, of ‘n vermenging van die waarheid en fiksie.

Alhoewel seks die dryfkrag van hygliteratuur is, bestaan seks nie alleen, met ander woorde in ‘n lugleegte nie. Hoe meer die seks alleen staan, hoe nader word daar beweeg aan pornografie.

Hygliteratuur speel ook nie noodwendig net in die kamer af en net tussen twee persone nie. Hygliteratuur kan ook baie sterk elemente bevat van letterkundige genres soos wetenskapfiksie, fantasie, en selfs parodieë en satires.

Die temas van hygliteratuur kan wissel van die alledaagse tot orgies, prostitusie, onbeskermde seks, eerste kere ensovoorts.

Daar is ook taboe-temas te vinde in hygliteratuur, maar hier by Sexy Afrikaans vermy ons temas oor bloedskande, verkragting en ander taboe-onderwerpe.

Nie almal hou van hygliteratuur nie, maar as jy daarvan hou, hoop ons jy geniet van die stories hier.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.