Sexy Afrikaans

Lyfliteratuur Erotiese Stories Sexy Lywe Hygliteratuur

15 Julie 2019 – VK pornografie blok

15 Julie 2019 – VK pornografie blok

‘n Paar lesers het ons gekontak en gevra of ons van die webtuiste vergeet het en of Sexy Afrikaans onaktief is ensovoorts.

Nee, ons is nog hier. Alles was net tydelik op ys gesit. Ek gaan nou nie in detail ingeaan nie, maar as jy verder wil lees, Google gerus “Digital Economy Act 2017″.

Ons was effens onseker oor die uitwerking van bogenoemde wet. Die meeste van ons lesers is vanuit Suid-Afrika, maar ons het ook wel ‘n hele paar lesers van die VK, en ons self bly in Londen. So ons moes eers seker maak.

Vir nou het ons darem seker gemaak dat ons teen 15 Julie 2019 sal voldoen aan die vereistes van die Digital Economy Act 2017, al is dit nog steeds onseker of ons inderdaad wel daaraan moet voldoen. Lesers van die VK sal ‘n verandering aan Sexy Afrikaans sien.

Ons is ook van mening dat soortgelyke wette en regulasies ook in SA van toepassing kan word binne die afsienbare toekoms.

Van vandag af gaan ons dan ook nie meer enige beeldmateriaal op Sexy Afrikaans plaas waar ‘n (vroulike) tepel sigbaar is of behoede die wêreld, te veel van boude of iets verskriklik skokkend erger soos ‘n poeshaartjie wat dalk langs ‘n broekie uitkrul nie.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.